Griekwas bederf WP se partytjie

Griekwas vier fees in Kaapstad. Foto: Hansie Linde.

Dink wat jy wil van Griekwas, maar die manne van Kimberley hênsop nooit op ’n rugbyveld nie. Hierdie stelling is gister weer eens gestaaf toe Cameron Lindsay en George Whitehead hul groot helde in ’n Curriebeker-wedstryd teen die Westelike Provinsie in Kaapstad was.

Die sirene vir die einde van die wedstryd het reeds ’n paar minute terug geloei, maar Lindsay se drie en Whitehead se daaropvolgende doelskop het die stryd vir die Noord-Kapenaars met 30-28 beklink.

Al twee spanne het drie drieë in die wedstryd gedruk, maar Griekwas se kanniedood-houding het uiteindelik die wa deur die drif getrek nadat hulle rustyd met 22-17 agter was.

Foto: Hansie Linde.

Die Streeptruie klou steeds aan hul eerste plek op die punteleer vas, terwyl Griekwas derde is. Dit is ongetwyfeld binne die Poubloues se vermoë om ’n paar van die groot spanne in die toernooi skrik te maak nadat hulle ook vroeër met die Cheetahs afgereken het.

  • Puntemakers:

Griekwas: Drieë:  Ashlon Davids, Daniel Kasemba en Cameron Lindsay. Doelskoppe: George Whitehead (3). Strafskoppe: Whitehead (3).

Westelike Provinsie: Drieë: JJ Kotze (2) en Sergeal Petersen. Doelskoppe: Tim Swiel (2). Strafskoppe: Swiel (3).

  • Punteleer:
  1. Westelike Provinsie – 12 punte ná vier wedstryde
  2. Pumas – 10 punte ná drie wedstryde
  3. Griekwas – 10 punte ná vier wedstryde
  4. Blou Bulle – 10 punte ná drie wedstryde
  5. Haaie – 7 punte ná twee wedstryde
  6. Goue Leeus – 5 punte ná twee wedstryde
  7. Cheetahs – geen punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

WP ondersteuners se monde is weer ogeblaas en die wyn is suur saam met die snoek en patats.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.