Griekwas, Grens, WP onoorwonne in opstelronde

Tristan Tedder - 23 punte. (Foto: unionsportsmag)

Tristan Tedder – 23 punte. (Foto: unionsportsmag)

Die drietal Griekwas, Grens en die Westelike Provinsie (WP) is die enigste onoorwonne spanne in die opstellende ronde vir die Curriebekerreeks ná die naweek se wedstryde.

Eersgenoemde twee het drie wedstryde elk gespeel en die WP twee.

Boland se segetog is Vrydag deur die Pumas. en die Suidwestelike Distrikte (SWD) s’n Saterdag deur Griekwas gestuit.

Saterdag het Griekwas die SWD Arende 27-17 op Griekwapark in Kimberley geklop; Grens het die OP Kings 28-14 in die Nelson Mandelabaai-stadion geklop; die Goue Leeus-vyftiental het die Blou Bulle 38-17 op Alberton geklop; en op die Koning Zwelithini-stadion in Umlazi het die Sharks-vyftiental sy eers oorwinning behaal deur die Welwitschias van Namibië 48-18 te verslaan.

♦ In Umlazi het die Sharks-losskakel, Tristan Tedder, `n puik vertoning gelewer en 23 van sy span se punte aangeteken.

Hy het `n drie gedruk, ses drieë verdoel en twee strafdoele behaal.

Die buitesenter Marius Louw het drie drieë vir die Natallers gedruk, wat rustyd al 24-8 voor was.

Clinton Swart - tien punte. (Foto: Twitter)

Clinton Swart – tien punte. (Foto: Twitter)

♦ In Kimberley het die besoekers eerste bloed geruik toe hul haker Mark Pretorius binne ses minute gaan druk het en die doelskop hulle 7-0 laat voorloop het.

Die Griekwa-losskakel Clinton Swart het in die 19de minuut `n doel aangteken om sake gelykop te maak.

Twee drieë kort voor rustyd het die tuisspan beheer oor die wedstryd laat oorneem.

Swart het `n strafdoel bygevoeg om tien van Griekwas se punte aan te teken.

 

Oliver Zono -13 punte. (Foto: Varsity Cup)

Oliver Zono -13 punte. (Foto: Varsity Cup)

♦ Die OP Kings se ondersteuners wou eweneens net bly raak toe hulle span rustyd 7-0 teen die Grens se Bulldogs voorloop, maar toe trek hul buurman in die tweede helfte los en druk vier verdoelde drieë om 28-14 te wen.

Die wenspan se losskakel, Oliver Zono, het 13 punte met `n drie en vier doelskoppe aangeteken.

Siyamthanda Ngande se drie in die 60ste minuut het die voorsprong die eerste keer aan die Bulldogs besorg.

♦ Die Goue Leeus-vyftiental het vyf drieë teen twee gedruk om die Blou Bulle 38-17 op Alberton te klop. Hulle was rustyd gemaklik 24-10 voor.

Shaun Reynolds - 12 punte. (Foto: ysn.co.za)

Shaun Reynolds – 11 punte. (Foto: ysn.co.za)

Die losskakel Shaun Reynolds het 11 punte met vier doelskoppe en `n strafdoel vir die Leeus bygedra.

Die puntemakers –

Sharks-vyftiental 48 (24) – Drieë: Curwin Bosch, Marius Louw 3, Tristan Tedder, Wian Vosloo. Doelskoppe: Tedder 6. Strafdoele: Tedder 2.

Welwitschias 18 (8) – Drieë: Riaan van Zyl, Rohan Kitshoff, Russell van Wyk. Strafdoel: Shaun Kaizemi.

Griekwas 27 (20) – Drieë: Clinton Swart, Jonathan Francke, AJ Coertzen, Alshaun Bock. Doelskoppe: Swart, Eric Zana. Strafdoel: Clinton Swart

SWD Arende 17 (10) – Drieë: Mark Pretorius, Kurt Haupt. Doelskop: Hansie Graaff. Strafdoel: Hansie Graaff

OP Kings 14 (7) – Drieë: Courtney Winnaar, Simon Bolze. Doelskoppe: Winnaar, Bolze.

Grens 28 (0) – Drieë: Ludwe Booi, Machael Makase, Oliver Zono, Siyamthanda Ngande. Doelskoppe: Zondo 4.

Goue Leeus-vyftiental 38 (24) – Drieë: Anthony Volmink, Arnout Malherbe, Jacques Nel, Ruaan Lerm, Stokkies Hanekom. Doelskoppe: Ashlon Davids, Shaun Reynolds 4. Strafdoel: Reynolds.

Blou Bulle 17 (10) – Drieë: Corniel Els, Tapiwa Tsomondo. Doelskoppe: Joshua Stander 2. Strafdoel: Stander.

Opgesomde punteleer –

Griekwas 15, Grens 14, Goue Leeus-vyftiental 11, Boland 11, DWD 10, WP 9, Vrystaat-vyftiental 8, Sharks-vyftiental 7, Pumas 6, Valke 6, Griffons 5, Luiperds 5, Blou Bulle 4, OP Kings 0, Welwitschias 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.