Griekwas ná skrik teen OP nou derde op puntetelys

griekwas-logo-orkDie OP Kings het Woensdag met hul ‘tweede span’ verras toe hulle rustyd 17-14 voor was teen Griekwas in  Kimberley, maar ná vyf drieë deur die tuisspan in die tweede helfte het Griekwas 47-24 gewen.

Dit was ʼn tipiese geval van ʼn span wat geen kans gegun is nie en iets wou bewys aan die een kant; en ʼn ietwat oorgeruste span as hulle teenstanders. Rustyd was die OP Kigs verrassend genoeg 17-14 voor.

Die werklikheid is dat Griekwas nou, na vier wedstryde, derde op die Curriebeker-puntelys is  met drie oorwinnings en twee drie-bonuspunte. Ja, hulle is in die posisie waar die Goue Leeus en die Blou Bulle albei hulle volgende wedstryd – Saterdag teen mekaar – moet wen om Griekwas op die puntelys verby te steek.

Miskien verdien hulle nie volpunte nie, maar baie krediet moet gaan aan die OP Kings wat 14 veranderinge aan hulle span gehad het wat verlede week teen die WP verloor het. Vier debutante en hoofsaaklik hulle tweede bestes het aanvanklik as span die aanvalswerk gedoen en net-net verdien om as 17-14 voorlopers teen rustyd te gaan water drink.

In die tweede helfte was Griekwas meer doelgerig, hulle het met goeie hanteerwerk agterlangs die gebrekkige verdedigingstruktuur van die OP uitgebuit en gewys dat hulle kán hardloop.

Vyf drieë was die gevolg en die drieëtal, na die OP se drie op die eindtoeter, het op sewe teen drie vir die wenners gestaan.

Die Kimberliete het nog vier wedstryde oor. Dit sluit die Bulle, Westelike Provinsie en die Vrystaat Cheetahs in. Nog ʼn enkele verrassing soos teen die Leeus, en hulle kan op die randjie van die uitspeelrondes wees.

Puntemakers –

Griekwas (14) 47: Drieë: Wandile Putuma, Jono Janse van Rensburg, Eric Zana, Ederies Arendse, Alshaun Bock, AJ Coertzen.   Doelskoppe: Clinton Swart 5 André Swarts.
OP Kings: (17) 24: Drieë: Alcino Izaacs 2, Cullen Collopy.   Doelskoppe: Lungelo Gosa 2,  Pieter-Steyn de Wet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.