Griekwas nie mans genoeg vir Streeptruie

Griekwas was Saterdag op Nuweland in Kaapstad nie mans genoeg vir die Westelike Provinsie in die reeks om die Curriebeker nie.

Die Streeptruie het die kragmeting oortuigend met 55-27 gewen (rustyd) 24-13, en is nog stewig in die derde plek op die punteleer.

Danksy ʼn onderskepdrie en twee strafdoele kon die besoekers tot in die 25ste minuut voorloop, maar daarna het die WP, wat uit die staanspoor die hef in die hand gehad het, met reëlmaat gaan druk om uiteindelik agt drieë op die telbord te plaas.

Met slegs twee wedstryde oor, is die Diamantvelders vir alle praktiese doeleindes uit die wedloop om die beker.

Die puntemakers –

WP 55 (24) – Drieë: Werner Kok (2), Caylib Oosthuizen (2), Cobus Wiese, Chad Solomon, Dean Muir, Johan du Toit. Doelskoppe: Damian Willemse (4), Robert du Preez (2). Strafdoel: Damian Willemse.

Griekwas 27 (13) – Drieë: Ederies Arendse, Renier Botha, Tertius Kruger. Doelskoppe: George Whitehead (2), Eric Zana. Strafdoele: George Whitehead (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.