Griekwas: ‘nuweling’ wen met dawerende knal

kimberley`n “Nuweling” in Griekwas se Superliga het sy toetrede tot vanjaar se reeks Saterdag met `n dawerende knal aangekondig.

DFA Kimberley, voorheen Kimberley Polisie, het Hartswater in die Oosterafdeling op dié se tuisveld 59-22 oorrompel.

Die wenspan skuif met `n beter batige punteverskil voor die bond se kampioen, Sishen, op die afdeling se punteleer in.

Victor Hughes, die spanbestuurder en klubwoordvoerder van Kimberley, sê albei spanne het redelik baie hanteer foute gemaak en gesukkel om aan die gang gekom.

“Die eerste helfte was hard en die rustydtelling 24-5 in Kimberley se guns.

“In die tweede helfte het die voorloper die tempo versnel en met goeie hardlooprugby sy getal drieë na nege drieë opgeskuif om uiteindelik 59-22 te wen.”

Die volgende ronde wedstryde in die reeks is vir 23 April bepaal,

Opgesomde punteleer –

Oosterafdeling

Kimberley 5, Sishen 5, Kuruman 4, Postmasburg 1, De Aar 0, Hartswater 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.