Griekwas skommel span grootskeeps

Griekwas het vir Saterdag se Curriebekerbotsing teen die Vrystaatse Cheetahs sy opdrafspan grootskeeps geskommel vergeleke by die span wat sleg teen die Westelike Provinsie verloor het.

Veral die agttal het kwaai deurgeloop met ses nuwelinge, wat ʼn hele nuwe voorry insluit.

Liam Hendricks, AJ le Roux en Stepan Kotzé draf Saterdag in Kimberley in Devon Martinus, Wilmar Arnoldi en Nico Oosthuizen se plekke op.

FP Pelser vervang Jono Janse van Rensburg op slot, Wendal Wehr vir De Wet Kruger op flank, en Conway Pretorius vir Kev Kaba op agsteman.

Martinus, Oosthuizen en Janse van Rensburg is almal in die wedstryd teen die WP beseer.

Agterlangs is Christiaan Meyer die nuwe skrumskakel ten koste van Renier Botha; en Tertius Kruger skuif na buitesenter en Kyle Steyn na regtervleuel om plek vir Jonathan Francke op binnesenter te maak.

Ederies Arendse bly in die slag.

AJ Coertzen is terug op heelagter in Eric Zana se plek, en neem weer die kapteinsmantel op. Sias Koen is die onderkaptein.

De Wet Kruger en Botha kom op die bank tereg, en die bankstut Louwrens Strydom sal sy buiging vir Griekwas maak as hy speelkans kry.

Die span –

15. AJ Coertzen (kaptein), 14. Kyle Steyn, 13. Tertius Kruger, 12. Jonathan Francke, 11. Enver Brandt, 10. George Whitehead, 9. Christiaan Meyer, 8. Conway Pretorius, 7. Sias Koen (onderkaptein), 6. Wendal Wehr, 5. FP Pelser, 4. Sintu Majezi, 3. Stephan Kotzé, 2. AJ Le Roux, 1. Liam Hendricks. Bank: 16. Marius Fourie, 17. Louwrens Strydom, 18. Wandile Putuma, 19. Shaun McDonald, 20. De Wet Kruger, 21. Renier Botha, 22. André Swarts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.