Griekwas staan voor nemesis in Supersportreeks

Ongeag die Vrystaat se agterosstatus in die Supersportreeks sal Griekwas Vrydag in die Vrystaatstadion daarop bedag moet wees dat hulle alte dikwels in die verlede hul nemesis teen hul buurman teëgekom het.

Die Diamantvelders is tweede in die Sentrale Afdeling, maar ver agter die voorloper, die Luiperds, en kan hoegenaamd nie bekostig om minder as vyf ligapunte te verdien nie.

Die Luiperds durf die Sharks-vyftiental Saterdag op die Douglas Mitchellterrein op Uvongo aan die Natalse Suidkus aan, en behoort te wen as hulle nie oorgerus raak nie.

In die Suide kan die kragmeting tussen die OP Kings en Grens Saterdag in die Nelson Mandelabaai-stadion, Port Elizabeth, ʼn strawwe stryd oplewer.

Vrydag se botsing tussen die twee agterosse, die SWD Arende en die Bolandse Kavaliers, op Outeniekwapark, George, behoort eweneens redelik mededingend te wees omdat albei spanne nog ʼn eerste sege in die reeks soek .

Boland se ondersteuners sal ná sy goeie lopie verlede jaar iets beter van hul span verwag as wat daar dusver te sien was.

Die Goue Leeus-vyftiental en die Pumas is die gunstelinge om Sondag se Noorderwedstryde in die Bill Jardinestadion in Johannesburg te wen.

Die Leeus speel teen die Valke en die Pumas teen Namibië se Welwitschias.

Die spanne –

Vrystaat-vyftiental

15. Marco Mason, 14. JW Jonker, 13. Ali Migijima, 12. Ryno Benjamin, 11. Vuyani Maqina, 10. Ryno Eksteen, 9. JP Smith, 8. Junior Pokomela, 7. Tienie Burger, 6. Gerhard Olivier, 5. Dennis Visser, 4. Justin Basson, 3. Erich de Jager, 2. Joseph Dweba, 1. Johan Kotze. Bank: 16. Marnus van der Merwe, 17. Abram Venter, 18. Sibabalo Qoma, 19. Ntokoza Vidima, 20. Dian Badenhorst, 21. Michael van der Spuy, 22. Lihleli Xoli.

Griekwas

Nie beskikbaar nie.

SWD Arende

15. Leighton Eksteen, 14. Charles Radebe, 13. Kirsten Heyns, 12. Johnny Welthagen, 11. Justin Bhana, 10. Quaide Langeveldt, 9. Dillon Snel, 8. Daniël Maree. 7. Lodewyk Uys 6. Janneman Stander (kaptein), 5. Cornell Hess. 4. Brendon Snyman. 3. Basil Short. 2. Jan van der Merwe, 1. Theunis Nieuwoudt. Bank: 16. Brianston Booysen, 17. Juandré Dique, 18. Freginald Africa, 19. Thor Halvorsen, 20. Boela Abrahams, 21. Wilneth Engelbrecht, 22. Shadward Fillies.

Boland Kavaliers

15. Divan Nel, 14. Charlie Mayeza, 13. Alcino Izaacs, 12. Christopher Bosch, 11. Sergio Torrens, 10. Adriaan Carelse, 9. Vian van der Watt, 8. Zandré Jordaan (kaptein), 7. Wayne Wilschut (onderkaptein), 6. Kenan Cronjé, 5. Rinus Bothma, 4. Marlyn Williams, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis, 1. Linda Thwala. Bank: 16. Chadley Wenn, 17. Arnout Malherbe, 18. Dylan Pieterse, 19. Ludio Williams, 20. Jovelian de Koker, 21. JP Coetzee, 22. Edwin Sass.

OP Kings

Nie beskikbaar nie.

Grens

15. Ntabeni Dukisa, 14. Micael Makase, 13. Lundi Ralarala (onderkaptein), 12. Lunga Dumezweni, 11. Sonwabiso Mqalo, 10. Oliver Zono, 9. Sinovuyo Nyoka, 8. Xakalashe Sokuphumla, 7. Johannes Janse van Rensburg, 6. Siyabulela Mdaka (kaptein), 5. Wandile Putuma, 4. Lindokuhle Welemu, 3. Lwando Mabenge, 2. Mihlali Mpafi , 1. Blake Kyd. Bank: 16. Mbeko Kota, 17. Yanga Xakalashe, 18. Hendri Storm, 19. Lukhanyo Nomzanga, 20. Bangihlombe Kobese, 21. Siphosethu Tom, 22. Siyasanga Ncanywa.

Sharks-vyftiental

15. Clement Poitrenaud, 14. S’bura Sithole, 13. Johan Deysel, 12. Marius Louw, 11. Morné Joubert, 10. Benhard Janse van Rensburg, 9. Rowan Gouws, 8. Keegan Daniel (kaptein), 7. Jacques Vermeulen, 6. Khaya Majola, 5. Hyron Andrews, 4. Jean Droste, 3. John-Hubert Meyer, 2. Stephan Coetzee, 1. Juan Schoeman. Bank: 16. Kerron van Vuuren, 17. Gerhard Engelbrecht, 18. Rikus Zwart, 19. Wian Vosloo, 20. Damian Stevens, 21. Tristan Blewett, 22. Courtney Winnaar.

Luiperds

Nie beskikbaar nie.

Pumas

15. Devon Williams, 14. Ruwellyn Isbell, 13. Hennie Skorbinski (kaptein), 12. Ryan Nell, 11. Jean-Paul Lewis, 10. Kobus Marais, 9. Reynier van Rooyen, 8. Carel Greeff, 7. Willem Engelbrecht, 6. Brian Shabangu, 5. Hugo Kloppers, 4. Stephan Greeff, 3. Marne Coetzee, 2. Frank Herne, 1. De-Jay Terblanche. Bank: 16. Marko Janse van Rensburg, 17. Kwezi Mona, 18. Jannie Stander, 19. Johan Grundlingh, 20. Emile Temperman, 21. Sias Ebersohn, 22. Deon Helberg.

Welwitschias

15. David Philander, 14. Lesley Klim, 13. JCGreyling, 12. Darryl de la Harpe, 11. Gino Wilson, 10. Theuns Kotzé, 9. Eugene Jantjies (kaptein), 8. Victor Rodrique, 7. Leneve Damens, 6. Rohan Kitshoff, 5. Max Katjijeko, 4. Thomas Kali, 3. Andries Rousseau, 2. Shaun du Preez, 1. Collen Smith. Bank: 16. Orbet Nortjé, 17. Christo McNish, 18. AJ de Klerk, 19. Ruan Ludick, 20. Adrian Booysen, 21. Cameron Klassen, 22. Heinrich Smith.

Goue Leeus-vyftiental

15. Ashlon Davids, 14. Ruan Combrinck, 13. Jan-Louis le Grange, 12. Heimar Williams, 11. Selom Gavor, 10. Siya Masuku, 9. Marco Jansen van Vuren, 8. Fabian Booysen, 7. Victor Sekekete, 6. James Venter, 5. Bobby de Wee (kaptein), 4. Marvin Orie, 3. Pieter Scholtz, 2. Pieter Jansen, 1. Sti Sitole. Bank: 16. Ruan Britz, 17. Luvuyo Pupuma, 18. Ryno Herbst, 19. Hacjivah Dayimani, 20. Bradley Thain, 21. Shaun Reynolds, 22 Jarryd Sage.

Valke

Nie beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.