Griekwas, SWD verbeter stand in SuperSportreeks

Griekwas en die Suidwestelike Distrikte (SWD) het die afgelope weekronde aangegryp om hul stand in die SuperSportreeks te verbeter.

Die Poubloues se sege van 38-34 (rustyd 28-17) in Mdantsane oor die Sharks-vyftiental plaas hulle ná sewe wedstryde voor die Vrystaat-vyftiental in die Sentraalstreek.

Die SWD het Boland uit die tweede plek in die Suidstreek gedwing deur laasgenoemde in George met 31-27 te troef (rustyd 10-7).

In die Noordstreek is die Pumas steeds onoorwonne nadat hulle die Welwitchias in Secunda met 93-3 verbrysel het (rustyd 54-3).

Die Luiperds het hul onderneming by monde van hul uitvoerende hoof, Andries de Kock, gestand gedoen, en hul eerste oorwinning behaal deur die Griffons in Welkom met 38-35 te oorwin.

De Kock het vroeër in ʼn verklaring gesê die Luiperds het die SuperSportreeks met ʼn jong, onervare span, en gebukgaande onder beserings aan sleutelspelers aangepak, maar is aan ʼt verbeter, en stel hulle steeds ten doel om die Curriebeker- Eerste Liga te wen.

Op Ellispark moes die Goue Leeus-vyftiental ʼn rustydagterstand van 14-27 uitwis om die Valke met 45-30 te verslaan; en die Oostelike Provinsie het sy eerste oorwinning behaal deur Grens in Mdantsane met 26-14 te klop (rustyd 7-7).

Schalk Hugo van die Luiperds (ʼn drie, vyf doelskoppe en ʼn strafdoel) en Chris Smith van die Pumas (nege doelskoppe) het elk 18 punte op die telbord geplaas.

Leighton Eksteen se drie, vier doelskoppe en ʼn strafdoel was 16 punte vir die SWD werd.

Die Pumas se Devon Williams en Morné Joubert het elk drie drieë gedruk; met die Griffons se Jaun Kotzé (ʼn drie en vyf doelskoppe) en die Goue Leeu se Jeanluc Cilliers (ses doelskoppe en ʼn strafdoel) wat ook elk 15 punte behaal het.

Die puntemakers –

Griekwas 38 (28) – Drieë: Godfrey Ramaboea, Jonathan Francke, Luxolo Ntsepe, Khwezilokusa Mkhafu, Tythan Adams. Doelskoppe: George Whitehead (5). Strafdoel: George Whitehead.

Sharks 34 (17) – Drieë: Marius Louw, Jacques Vermeulen, Courtney Winnaar, Jeremy Ward, Leolin Zass. Doelskoppe: Garth April (2), Rhyno Smith. Strafdoel: Rhyno Smith.

Griffons 35 (28) – Drieë: Duan Pretorius, Mosoeu Maruping, Anrich Alberts, Ezrick Alexander, Juan Kotzé. Doelskoppe: Jaun Kotzé (5).

Luiperds 38 (14) – Drieë: Eugene Hare (2), Robert Hunt, Schalk Hugo, Gideon van der Merwe. Doelskoppe: Schalk Hugo (5). Strafdoel: Schalk Hugo.

SWD 31 (10) – Drieë: Adri Jacobs, Tyler Fisher, Alshaun Bock, Leighton Eksteen. Doelskoppe: Leighton Eksteen (4). Strafdoel: Leighton Eksteen.

Boland 27 (7) – : Charles Mayeza, Kenan Cronjé, Clinton Theron, Sergio Torrens. Doelskoppe: Elgar Watts (2). Strafdoel: Elgar Watts.

Grens 14 (7) – Drieë: Athenkosi Manentsa, Johannes Janse Van Rensburg. Doelskoppe: Mbembe Payi, Bangi Kobese.

OP 26 (7) – Drieë: Xandré Vos, Anele Lungisa, Riaan Arends, Michael Botha. Doelskoppe: Ruben de Vos (2), Simon Bolze.

Pumas 93 (54) – Drieë: Devon Williams (3), Morné Joubert (3), Reynier van Rooyen (2), Simon Westraadt (2), Alwayno Visagie, Stefan Ungerer, Hennie Skorbinski, Le Roux Roets. Doelskoppe: Chris Smith (9), Barend Smit (3).

Welwitschias 3 (0) – Strafdoel: Tuna Amutenya.

Goue Leeus 45 (14) – Drieë: Chergin Fillies, Anthony Volmink, James Venter, Morné van den Berg, Vincent Tshituka, Courtnall Skosan. Doelskoppe: Jeanluc Cilliers (6). Strafdoel: Jeanluc Cilliers.

Valke 30 (27) – Drieë: Hardus Pretorius (2), Ettienne Taljaard (2). Doelskoppe: Stokkies du Plessis (2). Strafdoele: Stokkies du Plessis, Errol Jaggers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

En daar word nie geskryf oor die WB sokker nie, want dit is seker ‘n skande soos daar geroei en gestoei word. Dit duik mekaar, pootjie, vat om die lyf, trap op die voet, “handball” jy noem dit, self was daar al gebyt!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.