Griekwas verander 3 aan opdreunspan vir Pumas

Griekwas se opdrafspan vir sy Curriebekerwedstryd Saterdag teen die Pumas in Nelspruit toon drie veranderinge vergeleke met dié een wat die Cheetahs opgedreun het.

Daar is ook ’n posisionele skuif in die agterlyn, waar Kyle Steyn na links skuif om vir die terugkerende Ederies Arendse op die regtervleuel plek te maak. Enver Brandt bly in die slag.

Voorlangs vervang Wandile Putuma vir Sintu Manjezi op slot, en De Wet Kruger vir Conway Pretorius op agsteman. Manjezi is op die bank ingesluit.

Die span –

15. AJ Coertzen (kaptein), 14. Ederies Arendse, 13. Tertius Kruger, 12. Jonathan Francke, 11. Kyle Steyn, 10. George Whitehead, 9. Christiaan Meyer, 8. De Wet Kruger, 7. Sias Koen (onderkaptein), 6. Wendal Wehr, 5. FP Pelser, 4. Wandile Putuma, 3. Stephan Kotzé, 2. AJ le Roux, 1. Liam Hendricks. Bank: 16. Wilmar Arnoldi, 17. Marius Fourie, 18. Jonathan Adendorff, 19. Sintu Manjezi, 20. Shaun McDonald, 21. Renier Botha, 22. André Swarts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.