Griekwas verander ses vir stryd teen Blou Bulle

AJ Coertzen (Foto: Griekwas Rugby)

Griekwas het ses skuiwe, een posisioneel, aangebring aan die opdrafspan wat teen die Pumas verloor het, vir Vrydag se kragmeting om die Curriebeker teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld, Pretoria.

Liam Hendricks vervang Devon Martinus op vaskopstut, en Wlmar Arnoldi is die nuwe haker in Marius Fourie se plek.

Shaun McDonald maak in die ander verandering voorlangs, op slot, plek vir FP Pelser.

Die kaptein, AJ Coertzen, skuif van die linkervleuel af heelagter toe, met Eric Zana wat bank toe versit.

Koch Marx is die nuwe linkervleuel, en Ederies Arendse is terug op die regtervleuel ten koste van Steyno Steyn.

In die ander verandering op die bank vervang De Wet Kruger vir Kev Kaba.

Die span –

15. AJ Coerten (kaptein), 14. Ederies Arendse, 13. Tertius Kruger, 12. Jonathan Francke, 11. Koch Marx, 10. André Swarts, 9. Tiaan Meyer, 8. Jono Janse van Rensburg, 7. Sias Koen, 6. Wendal Wehr (onderkaptein), 5. Pieter Jansen van Vuren, 4. FP Pelser, 3. Stephan Kotze. 2. Wilmar Arnoldi, 1. Liam Hendricks. Bank: 16. AJ le Roux, 17. Nicolaas Oosthuizen, 18. Jonathan Adendorf, 19. De Wet Kruger, 20. Renier Botha, 21. George Whitehead, 22. Eric Zana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.