Griekwas verander vier voor vir Goue Leeus

Griekwas het vier veranderinge aangebring aan die opdrafagttal van die span wat naelskraap teen die Blou Bulle verloor het vir sy Curriebekerkragmeting Vrydag teen die Goue Leeus in Kimberley.

In die voorry ruil Wilmar Arnoldi (haker) en Stephan Kotzé (vaskopstut) plekke met verlede week se bankspelers AJ le Roux en Nico Oosthuizen om.

Shaun McDonald speel slot in die plek van FB Pelser, en De Wet Kruger vervang Jono Janse van Rensburg op agsteman.

Die ander nuwelinge op die bank is Sintu Majezi en Kevin Kaba.

Die span –

15. AJ Coertzen (kaptein), 14. Ederies Arendse, 13. Tertius Kruger, 12. Jonathan Francke, 11. Koch Marx, 10. André Swarts, 9. Tiaan Meyer, 8. De Wet Kruger, 7. Sias Koen, 6. Wendal Wehr (onderkaptein), 5. Pieter Jansen van Vuren, 4. Shaun McDonald, 3. Nico Oosthuizen, 2. AJ le Roux, 1. Liam Hendricks. Bank: 16. Wilmar Arnoldi, 17. Stephan Kotzé, 18. Sintu Manjezi, 19. Kevin Kaba, 20. Renier Botha, 21. George Whitehead, 22. Eric Zana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.