Griekwas verpletter Goue Leeus se droom

Griekwas het Sondag in Mdantsane grootliks verras toe hy die Goue Leeus-vyftiental se drome in die Supersportreeks verpletter het.

Hy het die halfeindstryd tussen die twee spanne met 33-21 gewen, nadat hy rustyd reeds met 33-21 voor was.

Die Leeus kon eenvoudig nie aan die gang kom nie, maar met die telling op 27-21 was dit Griekwas wat ietwat gesukkel het.

Goeie nuus vir die Springbokke is dat die terugkerende Rohan Janse van Rensburg in sy 33 min as plaasvervanger goed gelyk het. Hy is egter fyn deur Griekwas dopgehou.

In die ander halfeindstryd moes die Westelike Provinsie uithaal om ʼn baie jong Blou Bulle-span met heelparty o.19- en 0.20-spelers met 28-24 te klop.

ʼn Sterk wind, wat skuins oor die veld gewaai het, het die spel bemoeilik in ʼn kragmeting wat erg wipplank gery het.

Die sterk opportunistiese skrumskakel Godlen Masimla het uitstekend vir die WP vertoon, en die verdediging kwaai besig gehou.

Die WP en Griekwas speel aanstaande Sondag in die Kaap in die reeks se eindstryd.

Elk van die vier spanne het drie drieë gedruk.

Die puntemakers –

Griekwas 33 (27) – Drieë: Ederies Arendse, Ewald van der Westhuizen, Sias Koen. Doelskoppe: George Whitehead (3). Strafdoele: George Whitehead (2), André Swarts (2).

Goue Leeus 21 (0) – Drieë: James Venter, Madosh Tambwe (2). Doelskoppe: Shaun Reynolds (3).

WP 28 (13) – Drieë: Luke Stringer, Godlen Masimla, Jaco Coetzee. Doelskoppe: Kurt Coleman (2). Strafdoele: Kurt Coleman (3).

Blou Bulle 24 (14) – Drieë: Dries Swanepoel, Franco Naudé, Dewald Naudé. Doelskoppe: Joshua Stander (3). Strafdoel: Joshua Stander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.