Griekwas voorste driedrukker in Supersportreeks

Griekwas is ná die afgelope weekronde die voorste driedrukker in die Supersportreeks, en het tot dusver ʼn drie meer as die onoorwonne Westelike Provinsie gedruk.

Die span van Kimberley het met sy sege van 54-17 (rustyd 29-5) Sondag in Rustenburg ook ʼn gesonde kussing van sewe ligapunte tussen hom en die tweede geplaaste Vrystaat-vyftiental ingebou.

Laasgenoemde het met sy Rustenburgse sege van 53-48 (rustyd 36-15) oor die Griffons die aanvanklike voorloper in die Sentrale Afdeling, die Luiperds, in die derde plek ingedwing.

In albei wedstryde is die slag reeds in die eerste helfte gelewer.

André Swarts van Griekwas het 24 punte met ʼn drie, vyf doelskoppe en drie strafdoele aangeteken; Marco Mason van die Vrystaat se ses doelskoppe en twee strafdoele het 18 punte tot sy span se totaal bygedra; en Warren Williams van die Griffons het drie drieë gedruk.

Griekwas het tot dusver 30 drieë in die reeks gedruk, die WP 29, die Blou Bulle en die Goue Leeus elk 28, die Pumas 27, en die Valke 26.

Die baie drieë wat in die Noorderafdeling gedruk is, hang saam met die 48 drieë wat die Welwitschias tot dusver afgestaan het.

Die Griffons het 35 en die Valke 30 afgestaan. Dan volg die Luiperds met 24 en die Vrystaat en Grens met 22 elk.

Die Noorderspanne het tot dusver 126 drieë gedruk, die Sentrale spanne 107, en die Suiderspanne slegs 88, wat dalk op strawwer mededinging in die geheel dui.

Frankie Herne (Pumas), Tertius Kruger (Griekwas) en Lesley Klim (Welwitschias) het dusver elk vyf drieë gedruk, en Jacques Vermeulen (Sharks), Craig Barry en Chad Solomon (albei WP) elk vier.

Sondag se puntemakers –

Griekwas 54 (29) – Drieë: Jason Fraser (2), Tertius Kruger, Adriaan Coertzen, André Swarts, Renier Botha, George Whitehead. Doelskoppe: André Swarts (5). Strafdoele: André Swarts (3).

Luiperds 17 (5) – Drieë: Juan Language, Jeandre Rudolph, Elden Schoeman. Doelskop: Schalk Hugo.

Griffons 48 (15) – Drieë: Gabriel Engelbrecht, Warren Williams (3), Neil Claassen, Rodney Damons, Jasper Wiese. Doelskoppe: Duan Pretorius (5). Strafdoel: Robbie Petzer.

Vrystaat 53 (36) – Drieë: Ali Mgijima (2), Michael van der Spuy, Luther Obi (2), JW Jonker, Ntokoza Vidima. Doelskoppe: Marco Mason (6); Strafdoele: Mason (2).

Opgesomde punteleer –

Noord

Pumas 18, Blou Bulle 17, Goue Leeus 16, Valke 12, Welwitschias 6.

Sentraal

Griekwas 22, Vrystaat 15, Luiperds 15, Sharks 11, Griffons 7.

Suid

WP 25, Grens 16, Boland 12, OP Kings 10, SWD 5.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hewitt ·

Krake Barry? Skryf hom sommer soos jy hom hoor ek sê!!!! :) Dit is eintlik Craig, maar hierdie is ‘n Afrikaanse blad, so ek verstaan die vertaling na Krake. Seker omdat hy die krake in die teenstanders se lyne gereeld ontbloot! :)

Janie Monsieur ·

Dagsê Hewitt,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir daardie glips, die naweek was seker te kort! Die berig is gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.