Griekwasliga: Douglas se toer wil gedoen wees

hartswaterDouglas se kordaatstuk teen Hartswater Saterdag in Griekwas se Superliga (Oos) wil nogal gedoen wees.

Dit spreek boekdele vir die stoffasie waarvan die span gemaak is dat hy ondanks die verlies van twee losskakels deur beserings en `n geel kaart wat die span op die lyf geloop het, kon terugveg om 34-31 te wen.

Hartswater was rustyd 14-12 voor.

Stewart Bennie, Hartswater se afrigter, sê sy span was nie klinies met sy afronding nie en kan net homself vir die nederlaag verkwalik.

“Ek glo egter ons het `n sterk genoeg karakter om slimmer en beter terug te kom ná die slae.”

Bennie sê die skrumskakel, Japie van Zyl, het baie geleenthede vir aanval geskep.

“Die twee voorrymanne, André Wilson en Obankeng Pholoholo, het baie goeie vertoon, stewig geskrum en uitmuntende losspel gelewer.

“Die kaptein, Eugene du Toit (slot), het baie sterk leierskap getoon en almal positief gehou sodat ons nog die laaste drie van die wedstryd kon druk.”

Aluts van Zyl (binnesenter) het puik verdedig, en Frans Burger (flank) se stormlope het groot trefkrag gehad,” het Bennie aan Pale Toe! gesê.

Gerhard Holtzhausen (buitesenter) het twee drieë vir Hartswater gedruk en Altus van Zyl en die plaasvervanger Jaco Ras elk een. Johan van Niekerk (losskakel) het 11 punte aangeteken deur al vier te verdoel en met `n strafdoel te slaag.

♦ Upington-Dorp speel Saterdag op Die Eiland teen Young Tigers van Calvinia.

Ander uitslae –

Sishen 100, De Aar 5 (rustyd 27-5); Kimberley 22, Postmasburg 7 (rustyd 0-8).

Opgesomde punteleer –

Westelike Afdeling

Sishen 14, Kimberley 10, Postmasburg 6, Hartswater 5, Kuruman 4, De Aar 0.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.