Griekwasliga: mededingende reeks in vooruitsig

postmasburgDie eerste ronde-uitslae in die Griekwas se Superliga dui daarop dat die reeks heel mededingend kan verloop.

Sishen, die Goue Bekerspan wat die reeks die afgelope paar jaar oorheers het, moes hard werk om Posmastburg 36-27 in die Oosterafdeling te klop. Die rustydtelling was 12-10 in Sishen se guns.

Die wenspan het ses drieë (die meeste van die naweek) teen vier gedruk.

In die ander wedstryd in dié afdeling het Kuruman vir De Aar Titans 22-0 geklop.

♦ In die Westerafdeling het Nababeep indrukwekkend teruggeveg om 20-12 te wen teen Springbok wat met die omdraaislag 12-5 voorgeloop het.

Op Upington het Dorp die plaaslike derby teen United 28-10 gewen nadat hy rustyd reeds 15-7 voor was.

Die grootste oorwinning van die naweek was die 41-10 waarmee Young Tigers (Calvinia) vir Young Lions (Niewoudtville) geklop het. Die Tigers het vyf drieë gedruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.