Griekwasliga: nuwe bloed in eindstryd

Daar is nuwe bloed in die eindstryd van die Griekwas-rugbyunie (GRU) nadat Sishen en Kimberley (voorheen Kimberley Polisie) dit die afgelope paar jaar gemonopoliseer het.

United van Upington het Saterdag sy plek in die eindstryd bespreek deur Kimberley in die een halfeindstryd op Upington met 24-17 te klop. Die besoekers was rustyd met 12-11 voor.

Sishen het op sý beurt getoon dat hy nie maklik van sy kroon sal afstand doen nie, deur Young Tigers van Calvinia op Kathu met 100-10 te verdelg.

Die verdedigende kampioen was rustyd met 50-3 voor.

United moet nou die lang pad Kathu toe aanpak vir eerskomende Saterdag se eindstryd.

Die afskoptyd is vir 16:00 bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.