Griekwasliga: nuwe stelsel tree in werking

GriekwasVyf wedstryde in Griekwas se Superliga word Saterdag afgehandel wanneer die nuwe afdelingstelsel in werking tree.

In die Oosterafdeling speel die heersende kampioen, Sishen, op sy tuisveld op Kathu teen Postmasburg. Die wedstryd kan `n aanduiding gee watter uitwerking die afleggings by die Sishense myne op die plaaslike span se mededingendheid kon hê.

Kuruman reis na De Aar om met die plaaslike Titans in die enigste ander wedstryd in dié afdeling kragte te meet.

Die wedstryd tussen Kimberley en Hartswater op eersgenoemde se veld vind eers oor `n week plaas.

Op Upinton vat die plaaslike spanne United en Dorp mekaar in waarskynlik die belangrikste wedstryd Saterdag in die Westerafdeling.

In `n soort kattegeveg spring Nieuwoudtville se Young Lions en Calvinia se Young Tigers op eersgenoemde se veld aanmekaar; en in Namakwaland bring Springbok besoek aan Nababeep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.