Griekwasliga: Nuweling haal Superliga-halfeind

Daar is vanjaar ʼn nuwe span tussen die vier wat Saterdag in die halfeindstryde van Griekwas se Superliga sake gaan uitspook.

Upington United het Upington-dorp van die plaaslike troon gestoot, en selfs beter gevaar as Kimberley, ʼn gereelde finalis, sodat dié op Upington moet gaan speel.

United het Sutherland met 41-10 in die laaste rondomtaliewedstryd geklop. Laasgenoemde kon g’n enkele wedstryd wen met sy eerste deelname aan die Superliga nie.

In die ander halfeindstryd moet Young Tigers van Calvinia maar weer die lang pad Kathu toe vat om die verdedigende kampioen, Sishen, op sy tuiswerf aan te durf.

Opgesomde punteleer –

Sishen 24, United 21, Kimberley 21, Young Tigers 20, Dorp 18, Postmasburg 16, Port Nolloth 12, Hartswater 10, Nababeep 5, Victoria Western Force 5, Sutherland 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.