Griekwasliga: Prieska versterk plek in streek

GriekwasPrieska-Dorp het sy tweede opeenvolgende wedstryd gewen om sy vroeë voorsprong in Griekwas se Pixley ka Seme-streek te verstewig.

Die streek, met hoofsentrum De Aar, sluit verder dorpe soos Douglas, Colesberg, Victoria-Wes, Hopetown, Carnarvon, Van Wyksvlei en Petrusville in en stem grootliks ooreen met die eertydse Conroysubunie van die bond.

Prieka het `n wegholoorwinning van 79-0 oor Rivertons in week 3 van die reeks behaal.

In nog `n groot sege het die tweede geplaaste De Aar Titans 48-0 teen Hanover Spartans gewen.

Die Victoria-Wesse span Western Force, wat sy eerste wedstryd van die seisoen gespeel het, het in die derde plek ingeskuif deur Richmond Wild Geese 22-0 te verslaan.

Van Wyksvle Elavations is vierde nadat hy Eagles, ook van Victoria-Wes, 22-14 getroef het.

Opgesomde punteleer –

Prieska-Dorp 12, De Aar Titans 7, Victoria-Wes Western Force 6, Van Wyksvlei Elavations 6, Victoria-Wes Eagles 0, Richmond Wild Geese 0, Hanover Spartans 0, Rivertons 0, Young Lions (Carnarvon) 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.