Griekwasliga: Upingtonners dreun mekaar op

upingtonDie twee Upingtonse spanne in die Griekwarugbyunie (GRU) se Superliga is in `n kwaai stryd gewikkel om die heerskappy in die liga se Westelike Afdeling.

United se naelskraapse sege van 30-29 Saterdag teen Springbok plaas hom `n enkele punt ná Upington-Dorp op die punteleer.

Springbok het vyf drieë gedruk teen United se vier.

Albei Upintonse spanne het dusver drie wedstryde gespeel. Dorp het teen Calvinia gelykop gespeel en United het een van sy wedstryde verloor.

Die agteros in die afdeling, Young Lions van Carnarvon, speel Saterdag tuis teen Nababeep, wat tweede laaste is.

Opgesomde punteleer –

Upington-Dorp 11, United 10, Young Tigers (Calvinia) 8, Springbok 6, Nababeep 4, Young Lions 0.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.