Griekwasliga: Victoria-Wes Force bo in streek

GriekwasVictoria-Wes Force is ná die sesde week steeds die voorloper in Griekwas se Pixley ka Seme-streek.

Prieska is kort op sy hakke in die streek wat min of meer ooreenstem met die ou Conroy-subunie.

Die Force het 23 ligapunte na vyf wedstryde en Prieska 21 in ses. Carnarvon se Young Lions en Rivertons, wat onderskeidelik derde en vierde is, het elk 14 punte.

In die week se enigste wedstryd het Richmond Wild Geese `n oortuigende oorwinning van 35-21 oor Vanwyksvlei Elevations behaal.

Opgesomde punteleer –

Force 23, Prieska 21, Carnarvon 14, Rivertons 14, Vanwyksvlei 13, Hanover Spartans 12, Richmond 8, De Aar Titans 7, Victoria-Wes Eagles 5.

(Klubbesture landwyd word genooi om bondige wedstrydverslae Maandae voor 11:00 vir publikasie aanPale Toe! by [email protected] te stuur.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.