Griekwasliga: Victoria-Wes-span daag Prieska

Griekwas`n Nie te groot nie sege van Victoria-Wes se Western Force Saterdag oor Rivertons besorg hom ewe veel (10) op die punteleer as die voorloper Prieska-Dorp.

Die Force het hul wedstryd in die streek Pixley ka Seme (min of meer die ou Conroy-subunie) 34-27 gewen. Prieska se vroeëre wegholoorwinning van 79-0 oor Rivertons verseker egter dat hy nog lank `n beter batige puntesaldo sal hê.

De Aar Titans en Young Lions (Carnarvon) se eerste seges en die punte wat Victoria-Wes Eagles by Richmond Wild Geese gekry het, het almal `n trappie of ses op die punteleer laat klim.

De Aar het Hanover Spartans 48-0 en Young Lions vir Vanwyksvlei Elavations 61-5 verslaan.

Opgesomde punteleer –

Prieska 10, Western Force 10, De Aar 6, Young Lions 5, Vanwyksvlei 5, Eagles 4, Hanover 4, Rivertons 1, Richmond 0.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.