Griffons, Luiperds is veilig, Boland het nog ‘n buitekans

luiperds logoDaar is nog een ronde wedstryde in die Eersteliga van die Curriebekerreeks oor, maar die Griffons en die Luiperds kan reeds hul tuisvelde vir die halfeindrondes in gereedheid kry.

Vir die Griffons was daar die groot skrik van `n neerlaag teen die Valke (27-36) wat die SWD Arende tot binne ongemaklike trefafstand van hulle sou gebring en die Griffons se uitspeelwedstryd tuis sou bedreig het. Maar toe gaan staan die Groentruie self en val vas, en dit nogal op George, teen die Boland Kavaliers, wat uit die staanspoor voorgeloop en eindelik 35-24 gewen het.

Dié verrassing het die Boland nou self `n kans gegee om die halfeind te haal. Dit lyk miskien op die oog af onwaarskynlik, want hy is vyf ligapunte agter die SWD en die Valke.

Maar, en dis `n groot ‘maar’: Die Boland speel tuis, in Wellington, teen die Border Bulldogs wat nog net een van sy nege wedstryde kon wen; amper sewe drieë per wedstryd afgestaan het en boonop `n gemiddelde telling van 22-42 per wedstryd het.

En dan is daar twee scenario’s:

EERSTENS:  Die SWD, wat seker nie `n oormaat selfvertroue kan hê ná hulle eina-vertoning in George afgelope naweek nie, in Welkom teen die Griffons. Manne wat deur die jare daar uitgedraf het, sal jou verseker dis nie `n veld vir pret nie.

Wat moet gebeur vir die Boland om die halfeind te haal?

  • Hy moet teen die Border Bulldogs wen en `n bonuspunt behaal. Die SWD moet teen die Griffons verloor en nié `n verloorbonuspunt kry nie.
  • Dan moet die Boland boonop met 13 punte meer teen die Grens wen as waarmee die SWD teen die Griffons verloor. Dit is natuurlik ás die SWD gaan verloor.

TWEEDENS: Die Valke is in `n beter posisie as die SWD om die halfeind te haal. Hulle het `n positiewe punteverskil wat hulle saamneem in die wedstryd teen die Luiperds in Potchefstroom. Dit is 37 punte beter as die Boland s’n.

Dus, om die Valke uit te stoot, moet die Boland:

  • 37 punte inhaal met sy sege oor die Griffons en die Valke se neerlaag
  • Hoop die Valke kry nie `n verloor-bonuspunt nie.

Lekker sommetjies, en `n interessante einde aan `n reeks wat lekker verloop het.

Só staan sake nou na nege wedstryde (ligapunte, punteverskil):
Luiperds        37       239
Griffons         31          – 1
Valke             25             1
SWD              25        -36
Boland           20       -24
Bulldogs          8      -179

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.