Griffons-Oos: kampioen hou kans lewend

Die verdedigende kampioen in die Griffons se Oosstreek (Oos-Vrystaat), Bethlehem-oudskoliere, het Saterdag sy kans om weer die Willie Crowtherbeker te wen lewend gehou deur sy kwarteindstryd te wen.

Hy het nie daarin geslaag om regstreeks vir die halfeindronde in aanmerking te kom nie, en moes eers met 36-10 teen Senekal wen.

Hy speel eerskomende Saterdag op Reitz in die een halfeindstryd teen die tuisspan, die streek se 2015-kampioen.

Marquard speel in die ander halfeindstryd teen Collegians van Bethlehem op dié dorp se Weermagveld, nadat eersgenoemde Frankfort Saterdag met 34-31 getroef het.

Die eindstryd om die Stoney Steenkamptrofee word by dieselfde geleentheid beslis, wanneer Collegians II teen Ficksburg kragte meet.

Die Willie Crowthereindstryd word 8 Julie uitgespook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.