Griffons-Oos-liga: Marquard skud voorloper

bethlehem oudskoliereMarquard het Saterdag grootliks verras deur die voorloper in die Suidstreek van die Griffons-Oos-liga oortuigend te klop.

Hy het Bethlehem-oudskoliere 22-10 op Marquard getroef.

Henriëtte Nieuwenhuyzen, Oudskoliere se sekretaresse,  sê Amos Mofokeng en Vollie van Vollenhoven het die klub se drieë gedruk, maar Darius Ackerman se korrel pale toe was uit.

In die Noordgroep het Reitz 25-16 teen Collegians van Bethlehem gewen; en Heilbron het punte teen Harrismith gegee. Oudskoliere II het punte gekry vanweë QwaQwa Leopards se onttrekking omrede veldprobleme aan die liga.

♦ Groot belangstelling heers vir aanstaande week se rugby op die Skouterrein in Bethlehem met die Sharks en die Cheetahs se o.19-spanne wat mekaar 13:30 pak.

Oudskoliere II speel 15:00 teen Reitz en Oudskoliere I 17:00 teen Ficksburg.

♦ Intussen is aangekondig dat die halfeindstryde om die Willie Crowtherbeker en die Stoney Steenkamptrofee 9 Julie en die eindstryde 16 Julie plaasvind.

Opgesomde telkaart –

Suidgroep

Oudskoliere 24, Senekal 19, Marquard 18, Ladybrand 10, Ficksburg 7, Collegians II 4.

Noordgroep

Reitz 31, Harrismith 29, Collegians 23, Heilbron 15, Oudskoliere II 12, Frankfort 8.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.