Griffons-Oos: Marquard, Harrismith kan omkrap

harrismithembleemMarquard en Harrismith dreig om sake om te krap vir die spanne wat tans tweede op die punteleer in die Griffons-Oosliga is.

Die voorlopers Reitz (Oosgroep) en Bethlehem-Oudskoliere (Noordgroep) lyk betreklik veilig met 35 en 39 ligapunte onderskeidelik. Reitz is die streek se heersende kampioen.

Senekal (28) is tans tweede in die Suidgroep, maar Marquard (27) blaas in sy nek. Laasgenoemde het `n wedstryd meer gespeel.

In die Noordgroep is Collegians van Bethlehem tweede met 28 punte en Harrismith derde met 25 punte en `n wedstryd in die bank.

Wat Saterdag se wedstryde in die Suide betref, het Oudskoliere 85-3 teen Collegians II van Bethlehem gewen; Senekal het Ladybrand 24-5 geklop; en Marquard was 32-5 teen Ficksburg baas.

In die Noorde het Collegians Oudskoliere II 47-10 geklop, en Frankfort het punte teen Harrismith gegee.

Sodat laasgenoemde darem wedstrydoefening kon kry, het die twee spanne Vrydag `n vriendskaplike wedstryd gespeel, wat Harrismith 31-14 gewen het.

Marius Coetzee, die voorsitter van Harrismith, sê die doeltreffende spel van die voorspelers op die grond, en die vaart en vaardighede van die agterspelers het sy span laat wen.

Die uitblinkers was Dirk Lamprecht, Dricus Greeff, Sibusiso Malinga en Phumelelo Cruden.

Greeff (twee drieë en drie doelskoppe), Karl-Heinz Lutze (drie), Malinga (drie) en Cruden (drie) het die wenspan se punte behaal.

Opgesomde punteleer –

Suidgroep

Oudskoliere 39, Senekal 29, Marquard 28, Collegians II 14, Ladybrand 10, Ficksburg 7.

Noordgroep

Reitz 35, Collegians 28, Harrismith 25, Frankfort , Oudskoliere II 7.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.