Griffons-Oos: punte gee moet rugbybase kwel

oos-vrystaat rugbyDit moet die Oos-Vrystaatse rugbybase kwel dat twee klubs in week ses (7 Mei) van die streekliga punte gegee het op `n tydstip waar die reeks hoogspanning tussen die voorste spanne bereik.

Collegians II van Bethlehem (teen Senekal) en Ficksburg (teen Ladybrand) se prysgee van bepalings volg nadat Winburg en Cougars (Lindley en Arlington) vroeër aan die liga onttrek het.

Intussen stuur die liga op `n interessante stadium af met twee onoorwonne spanne, Bethlehem-oudskoliere en Senekal, wat mekaar in die Suidgroep opkeil; en `n opwindende driehoekstryd tussen Collegians, Reitz en Harrismith (en Heilbron `n buiteperd) in die Noordgroep.

Week 6 se uitslae in die Noordgroep was: Collegians klop Harrismith 17-15; Heilbron klop Oudskoliere II 19-17; en Reitz klop Frankfort 31-8.

Opgesomde punteleer –

Suidgroep

Oudskoliere 20, Senekal 19, Ladybrand 10, Marquard 9, Collegians II 4, Ficksburg 2.

Noordgroep

Collegians 23, Reitz 21, Harrismith 19, Heilbron 15, Oudskoliere II 12, Frankfort 3, Leopards (QwaQwa) 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.