Griffons-Oos: Reitz, Oudskoliere veilig voor

oos-vrystaat rugbyMet `n enkele week se ligabepalings oor, loop verlede jaar se finaliste, Reitz (Noordgroep) en Bethlehem-oudskoliere (Suidgroep), veilig voor in die Griffons-Oosliga.

Reitz, die huidige streekkampioen, het Saterdag agt drieë gedruk om Frankfort 46-14 te klop, en Collegians van Bethlehem het 25-3 teen Harrismith gewen.

In die Suidgroep het Ladybrand vir Ficksburg 26-12 geklop en Collegians II het punte teen Senekal gegee.

Opgesomde punteleer –

Suidgroep

Bethlehem-oudskoliere 39, Senekal 34, Marquard 28, Collegians II 14, Ladybrand 15, Ficksburg 7.

Noordgroep

Reitz 40, Collegians 32, Harrismith 26, Frankfort 8, Oudskoliere II 7.

(Klubbesture landwyd word genooi om bondige wedstrydverslae Maandae voor 11:00 vir publikasie aan Pale Toe! by [email protected] te stuur.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.