Griffons-Oos: sake loop skeef vir kampioene

Vanjaar se Griffons-Oos-ligas het allermins vir die verdedigende kampioene verloop soos hulle dit sou wou hê.

Bethlehem-oudskoliere, die houer van die Willie Crowtherbeker, het die topplek op die punteleer misgeloop en moet gevolglik sy pad eindstryd toe van die kwarteindronde af opwerk.

Harrismith, wat die Stoney Steenkamptrofee verlede jaar gewen het, het die kwarteindronde heeltemal misgeloop.

Reitz (Noordgroep) en Collegians van Bethlehem (Suidgroep) het regstreeks na die halfeindronde om die Willie Crowtherbeker deurgedring deur boaan die groeplere te eindig.

Om die ander twee plekke te vul, speel Oudskoliere Saterdag op die Bethlehemse Skouterrein teen Senekal, en Marquard speel op sy tuisveld teen Frankfort.

Collegians II het die Stoney Steenkamptrofee ingepalm deur boaan die punteleer te eindig.

Opgesomde punteleer –

Willie Crowtherbeker

Noordgroep

Reitz 35, Oudskoliere 28, Frankfort 24, Harrismith 20.

Suidgroep

Collegians 32, Marquard 30, Senekal 25, Ladybrand 9.

Stoney Steenkamptrofee

Collegians II 18, Ficksburg 10, Leopards 1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.