Griffons-Oos: taai driehoekstryd in die Noorde

oos-vrystaat rugby`n Taai driehoekstryd is aan `t ontwikkel in die Noordgroep van die Griffons-Oos-liga.

Collegians van Bethlehem se oorwinning van 38-19 oor Bethlehem-oudskoliere II plaas hom aan die bopunt van die punteleer met 19 ligapunte – een meer as Harrismith en drie meer as Reitz, die heersende kampioen.

Dis egter sy vyfde wedstryd waar die ander twee nog net vier elk agter die blad het.

Harrismith het Saterdag harde bene gekou om 13-5 teen Frankfort, een van die agterosse, te wen en sy ooroorwonne rekord te handhaaf.

Reitz het punte van die QwaQwa Leopards gekry.

t In die Suidgroep het Oudskoliere sy opperheerskappy bevestig deur 16 drieë te druk in `n klinkende oorwinning van 104-5 oor Collegians II.

Senekal het insgelyks sy greep op die tweede plek verstewig met `n maklike sege van 52-7 oor Ladybrand; en Marquard het die derde plek by Ladybrand afgeneem deur Ficksburg 21-10 te klop.

Sowel Oudskoliere (vier wedstryde) as Senekal (drie) het nog nie verloor nie.

Opgesomde punteleer –

Suidgroep

Oudskoliere 20, Senekal 14, Marquard 9, Ladybrand 5, Collegians II 4, Ficksburg 2.

Noordgroep                                                                                           

Collegians 19, Harrismith 18, Reitz 16, Oudskoliere II 11, Heilbron 11, Frankfort 3, Leopards 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.