Griffons-Oos: Twee klubs stapel honderdtalle op

Twee klubs het Saterdag honderdtalle opgestapel in die jongste weekronde van die Griffons se Oos-Vrystaatse streek, wat heelparty hoë tellings en hordes drieë opgelewer het.

In die Suidgroep het Senekal nie minder nie as 20 drieë gedruk om Lindley met 124-0 uitmekaar te hardloop.

Reitz het in die Noorde 18 keer gaan druk om die Leopards in die Charles Mopelistadion op Phuthaditjhaba met 106-0 af te slag.

Frankfort (Noord) het nege drieë gedruk om Collegians II van Bethlehem met 53-15 te klop; en Marquard (Suid) het agt gedruk in sy sege van 53-0 oor Ficksburg.

In die ander Noorderwedstryd het Bethlehem-oudskoliere met 38-17 teen Harrismith gewen; en in die Suide het Collegians vir Ladybrand met 25-13 geklop.

Opgesomde punteleer –

Noordgroep

Reitz 19, Frankfort 17, Oudskoliere 16, Harrismith 5, Collegians II4, Leopards 1.

Suidgroep

Collegians 17, Marquard 14, Senekal 10, Ladybrand 9, Lindley 4, Ficksburg 2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.