Griffons-Oosliga: nog `n klub onttrek

oos-vrystaat rugbyNog `n klub het aan die liga van die Griffons se Oosstreek onttrek.

Heilbron is die jongste slagoffer, en die streekbestuurder, Corrie Craven, wonder of dit `n neiging in plattelandse rugby is.

Die Hiënas het darem die eerste ronde voltooi, maar Winburg en sy plaasvervanger, die Cougars (Lindley en Arlington), het vroeër bes gegee sonder om `n enkele bepaling na te kom.

Die Leopards van QwaQwa se gesukkel met `n speelveld het ook dié klub laat tou opgooi.

Intussen het Reitz sy plek boaan die Noordgroep Saterdag verstewig deur een van sy vernaamste uitdagers, Harrismith, 17-10 te klop.

In die Suidgroep het Collegians II van Bethlehem vir Marquard 36-0 op die Weermagveld op Bethlehem verslaan; en Senekal het Ficksburg 33-5 in `n wegwedstryd oorrompel.

Bethlehem-Oudskoliere is die voorloper in dié groep, maar Senekal, wat `n wedstryd minder gespeel het, is binne trefafstand.

Opgesomde punteleer –

Suidgroep

Oudskoliere 29, Senekal 24, Marquard 18, Collegians II 14, Ladybrand 10, Ficksburg 7.

Noordgroep

Reitz 35, Collegians 23, Harrismith 20, Oudskoliere II 7, Frankfort 3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.