Griffons-Oosliga: Oudskoliere grawe sterker in

bethlehem oudskoliereBethlehem-oudskoliere het hom Saterdag sterker in die Griffons-Oosliga se Suidgroep ingegrawe met `n stewige (hoewel stowwerige) sege oor Ladybrand.

Hy het 43-14 gewen en sewe drieë teenoor twee gedruk.

In nog `n wedstryd in dié groep het Marquard verras om 33-15 teen die beter geagte Senekal te wen. Hy is nou net een ligapunt agter sy slagoffer, maar laasgenoemde het `n wedstryd in die bank.

In die enigste wedstryd in die Noordgroep het Frankfort sy eerste sege van die seisoen behaal toe hy Oudskoliere II 33-17 geklop het.

“Wat `n stowwerige wedstryd!” sê Henriëtte Nieuwenhuyzen, Oudskoliere se sekretaresse, van die wedstryd teen Ladybrand. “Hier het ons omtrent stof geëet en in `n stofwolk gespeel.”

Oudskoliere se drieë is deur Johnny le John, Wessel de Bruin, Darius Ackerman (twee), Raynardt Chapman en Tabbie du Plessis (twee) gedruk. Darius Ackerman het vier doelskoppe deur die pale gestuur.

Sy sê Oudskoliere II het Frankfort vasgehou tot die tweede helfte begin het, en die meeste punte is eers in dié helfte aangeteken.

“Albei spanne het taai teenstand gebied.”

Jac van Niekerk (kaptein), Amos Mofokeng en Jacques Odendaal het Oudskoliere II se drieë gedruk. Charlie Janse van Rensburg het een verdoel.

Opgesomde punteleer –

Suidgroep

Oudskoliere 34, Senekal 24, Marquard 23, Collegians II 14, Ladybrand 10, Ficksburg 7.

Noordgroep

Reitz 35, Collegians 23, Harrismith 20, Frankfort 8, Oudskoliere II 7.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.