Griffons-Oosliga: twee uit twee vir Oudskoliere

bethlehem oudskoliereAlbei Bethlehem-Oudskoliere se spanne het met die afhandeling van die rondomtalie vir die Griffons-Oosliga se halfeindstryde komende Saterdag in aanmerking gekom.

In die Suidgroep het Oudskoliere Saterdag 17-3 teen sy vernaamste uitdager, Senekal, gewen; en in die Noordgroep het Oudskoliere II 21-12 met Harrismith afgereken.

Wat die ander bepaling in die Noordgroep betref, het Ladybrand punte teen Marquard gegee.

Die huidige kampioen, Reitz, speel Saterdag (9 Junie) tuis teen Senekal in die een halfeindstryd om die Willie Crowtherbeker; terwyl Oudskoliere in `n derbystryd teen Collegians, ook van Bethlehem, op die dorp se Skouterrein te staan kom.

In die reeks om die Stoney Steenkamptrofee speel Harrismith tuis teen Ladybrand; en Oudskoliere II weg teen Marquard.

Al die wedstryde skop 15:30 af.

Henriëtte Nieuwenhuyzen, Oudskoliere se sekretaresse, laat weet die wenspan teen Senekal was rustyd 9-0 voor.

Wessel de Bruin en Darius Ackerman het die Bethlehemiete se punte aangeteken.

Ook Oudskoliere II was rustyd 7-0 voor in sy wedstryd teen Harrismith.

Charlie Janse van Rensburg, Jurgens Moolman, Frikkie Nel, Raynardt Chapman en Marlin Maasdorp het vir Oudkoliere II se punte gesorg.

Opgesomde punteleer (finaal) –

Suidgroep

Oudskoliere 43, Senekal 34, Marquard 33, Ladybrand 15, Collegians II 14, Ficksburg 7.

Noordgroep

Reitz 40, Collegians 32, Harrismith 26, Oudskoliere II 11, Frankfort 8.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.