Griffons se tweede helfte te goed vir uitdager

Die Griffons bly onoorwonne boaan die puntleer van die Curriebeker- Eerste Liga nadat hulle Saterdag met een van hul vernaamse uitdagers klaargespeel het.

Die Boland het die besoekers in die eerste helfte in die Bolandstadion op Wellington deeglik die stryd aangesê, en was rustyd naelskraap met 21-22 agter.

In die tweede helfte het die Noord-Vrystaters egter die pap te dik aangemaak, en die Wynboere kon dit nie sluk nie.

Die voorloper het op die ou end oortuigend met 40-25 gewen, nadat sy losskakel, Jaun Kotzé, 15 punte tot die wenpoging bygedra het. Hy het ʼn drie gedruk en vyf van sy span se ses drieë verdoel.

Die Kavaliers se regtervleuel, Charles Mayeza, het drie keer agter die doellyn gaan kuier.

Die Griffons (20 ligapunte) is nou twee voor die Luiperds (18), gevolg deur die Boland (12), die SWD (12), die Valke (11), die Welwitschias (9), die Grens (7), en die Oostelike Provinsie (3).

Die puntemakers –

Boland 25 (22) – Drieë: Chaney Willemse, Charles Mayeza (3). Doelskop: Divan Nel. Strafdoel: Divan Nel.

Griffons 40 (21) – Drieë: Kwezi Mkhafu, Jaun Kotzé, Tertius Maarman, Arthur Williams, Vuyo Mbotho, Joubert Engelbrecht. Doelskoppe: Jaun Kotzé (5).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.