Griffons-streke kroon drie nuwe kampioene

Die Griffonsligas in die Oos-Vrystaat en die Sandveld het vanjaar drie nuwe kampioene gekroon.

Wat die Oos-Vrystaat betref, het Reitz die Willie Crowtherbeker herwin nadat hy dit verlede jaar aan Bethlehem-oudskoliere moes afstaan.

Hy het Marquard in die eindstryd op Reitz oortuigend met 30-16 verslaan.

Die nuwe kampioen het Oudskoliere in die halfeindronde op geen onsekere wyse nie met 29-12 uitgeskakel; en Marquard het Collegians van Bethlehem met 33-23 getroef.

Stoney

Vroeër het Ficksburg op die Weermagveld in Bethlehem ʼn wegholoorwinning van 40-7 oor Collegians II behaal om die Stoney Steenkamptrofee kersiewêreld toe te vat.

Verlede jaar se houer, Harrismith, het nie die uitspeelwedstryde gehaal nie.

Sandveld

In die Sandveld het Hoopstad eweneens die streektitel teruggewen nadat hy dit verlede jaar aan Bothaville moes afstaan.

Hy het Parys in die eindstryd op Hoopstad met 56-0 van die veld af gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.