Griffonsliga: halfeindstryd kan riller oplewer

rovers welkomDie halfeindstryd Saterdag in die Griffons-Luiperdsoorgrensliga tussen Welkom en Vaal Reefs in Welkom kan `n rillerstryd oplewer.

Elk van die twee spanne het 28 ligapunte aangeteken, maar Welkom het `n heelwat beter batige puntesaldo.

Die jongste kragmeting het ook baie gelykop verloop met Vaal Reefs wat 22-20 op Orkney gewen het. Welkom het egter op sy tuisveld 38-5 gewen.

Rovers van Welkom, die Griffons se huidige kampioen en Goue Bekerspan, se oorwinning Saterdag van 33-18 oor die span van Orkney verseker dat hy eerste eindig en tuis teen Klerksdorp speel. Rovers het albei sy rondomtaliewedstryde teen die Noordwesters ver gewen.

In die Tweede Liga het Rovers Saterdag 12-10 teen Vaal Reefs gewen; en Welkom II het Kroonstad I Vrydag 52-7 oorrompel.

Dit beteken Welkom II speel in dié liga tuis teen Vaal Reefs II, en Rovers II eweneens tuis teen Kroonstad I.

Butch Nieuwenhuyzen, die sekretaris van Rovers, sê die Welkomse se span was Saterdag teen rustyd 20-15 voor teen Vaal Reefs.

“Rovers het daarin geslaag om die grootste deel van die harde, fisieke wedstryd voor te loop.

“Vaal Reefs verdien `n pluimpie vir sy kanniedood-benadering en die wedstryd het baie meer gelykop verloop as wat die telling kan voorgee.”

Nieuwenhuys sê albei agttalle het alles in die stryd gewerp en dit was `n billike kragmeting voorlangs.

“Rovers se agterlyn was op die dag se spel dalk net `n rapsie beter as Vaal Reefs.”

Freddy Wepener, Curtis Kleynhans en Ruan Olivier het Rovers se drieë gedruk. Tiaan van Wyk het met drie doelskoppe en vier strafdoele (18 punte) geslaag.

Hy sê die tweede spanne het baie vas gespeel, met albei wat eenvoudig wou wen.

Brummer Marais en Petrus Human het elk `n drie vir Rovers gedruk en Corné Cooper het een verdoel.

Opgesomde punteleer –

Griffons-Luiperdsoorgrensliga

Eerste Spanne

Rovers 30, Welkom 28, Vaal Reefs 2, Klerksdorp 7, Odendaalsrus 2.

Tweede spanne

Welkom 41, Roverrs 34, Kroonstad I 32, Vaal Reefs 27, Klerksdorp 10, Odendaalsrus 10.

Kyk volledige punteleer by http://sportlogs.co.za/leopards/griffonsleopards-cross-over/.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.