Griffonsliga: Rovers pak Welkom in eindstryd

rovers welkomDie Griffons-kampioen, Rovers, pak sy stadsgenoot Welkom die komende twee Saterdae in die eindstryde van die Griffons-Luiperdsoorgrensliga.

Rovers het Klerksdorp die afgelope Saterdag 47-17 in die Eerste Liga geklop. Die rustydtelling was 27-12.

Butch Nieuwenhuyzen, die sekretaris van Rovers, sê dit was `n harde en erg kneusende wedstryd, wat `n paar keer die humeure laat opvlam het.

“Rovers was deurentyd in beheer, en hoewel Klerksdorp ná een van die opstootjies sowat tien minute se volgehoue druk op Rovers toegepas het, het dit op niks uitgeloop nie.”

Donavan Nieuwenhuyzen (twee), Freddy Wepener, Curtis Kleynhans, Kobus Jordaan, Shaun Nieuwenhuyzen, David Sello en Jackson Sillo het Rovers se agt drieë gedruk. Tiaan van Wyk het twee doelskoppe en `n strrafdoel behaal.

Rovers II het Kroonstad I 13-5 in die Tweede Liga geklop.

Nieuwenhuyzen sê dit was eweneens `n strawwe kragmeting, met albei spanne bra senuweeagtig, wat tot foute en verkeerde besluite gelei het.

Corné Cooper het `n drie vir Rovers gedruk en `n strafdoel behaal. Jaco Jooste het die ander drie gedruk.

Die tweede spanne speel Saterdag 16:00 op Welkom se veld; en die eerste spanne 6 Augustus 16:00 op Rovers se veld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.