Griffonsliga: Sandveldkroon kry nuwe tuiste      

bothaville

Bothaville het Wesselsbron op Bothaville 21-20 geklop nadat die besoekers rustyd 20-6 voor was.

Verlede jaar se kampioen, Hoopstad, is in die kwarteindstryd uitgeskakel.

Hennie Stander, die streek se sekretaris, sê dit was Donderdag`n klipharde eindstryd.

“Bothaviille is `n waardige kampioen en het die seisoen deurgaans baie goeie aanvallende rugby gespeel.”

Carel van der Merwe, Bothaville se hulpafrigter, sê die wenspan het die bal in die eerste helfte onnodig weggee en doelloos geskop.

“Ons kon nie ons afskoppe bemeester nie en dit het ons onder onnodige druk geplaas. Wesselsbron het ons foute uitgebuit en punte aangeteken wanneer die geleentheid hom voorgedoen het.

“In die tweede helfte was ons takties baie beter en het beter balbesit gehou.

“Ian Potgieter het `n groot invloed op die kragmeting uitgeoefen toe hy van die bank af opgekom het.”

Van der Merwe sê Bothaville se skare het ook `n groot invloed gehad aangesien hulle die span deurentyd aangespoor het.

Hendrik Pretorius was die voorspeler van die wedstryd en Juandré Kleynhans die agterspeler.

Rudie van der Berg en Potgieter het Bothaville se drieë gedruk, en Kleynhans het met `n doelskop en drie strafdoele geslaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.