Groen Bulls laat die hoop flikker

Handré Pollard het weer 17 van sy span se punte aangeteken. Foto: Facebook.

In ’n wisselvallige Suid-Afrikaanse Superrugby-seisoen kan jy geld daarop wed dat ’n plaaslike span óf sal wen ná ’n verloorslag, óf sal verloor ná ’n wenslag die vorige naweek. ’n Paar agtereenvolgende seges blyk so skaars as hoendertande te wees.

Die Bulls – vanmiddag in groen getooi om hulde aan die land se veldwagters te bring – het self met ’n sprankelende vertoning vorendag gekom ná verlede week se geploeter teen die Jaguares.

Handré Pollard se Pretorianers het die Reds met 32–17 geklop en in die proses vyf drieë gedruk. Die vyfpunt-suksesverhale is deur die einste Pollard (twee keer), Marco van Staden, Lizo Gqoboka en Hanro Liebenberg aangeteken.

’n Goeie bewys dat die Bulls – wanneer dinge volgens plan verloop – nie net op hul kaptein en losskakel se skopvoet hoef staat te maak om die telbord aan die gang te hou nie.

Die span is ook versterk met die terugkeer van Warrick Gelant en Jesse Kriel, terwyl Paul Schoeman ’n barshou in Duane Vermeulen se plek gespeel het.

Die verdediging het wel ’n paar keer gelol en veral die Reds se Samu Kerevi het hieruit munt geslaan. Maar die Bulls-ondersteuners kan grotendeels gelukkig wees met hul span se vertoning.

Tot volgende week natuurlik …

Die Bulls het ook die Sharks verbygesteek as die voorste SA span op die punteleer. Die gras begin effens groener op Loftus lyk.

  • Puntemakers:

Bulls: Drieë: Handré Pollard (2), Marco van Staden, Lizo Gqoboka en Hanro Liebenberg. Doelskoppe: Pollard (2). Strafskop: Pollard.

Reds: Drieë: Samu Kerevi (2). Doelskoppe: Bryce Hegarty (2). Strafskop: Hegarty.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hennie ·

Die probleem nou vir die bulle is dat hulle nou weer n week af is so ons verloor weer na die af week.

Mieliestronk ·

Groot probleme: die bulle speel laerskool bulletjie rugby – gooi sommer die bal weg. ‘n Speler breek deur dan is hy alleen – geen ondersteuning nie. En Pote wat ‘n speler soos van Staden vervang- Pote ek dink jy moet jou kop laat lees.

Smokey ·

@Hennie Aan of af maak nie saak nie. Hul volgende wedstryd is teen die Stormers. So dis in elk geval n verloor vir die Bulle

Babertondaisy ·

Ou rokie ja wag maar tot die vet tannie gesing het laaste telling wat ek onthou was bulle 40 stompies 3 op Loftus.

bolla ·

Verwelkte daisy – van wanneer af kan die flou koeie die magtige Stormers op Nuweland klop? Nee wat, kom haal maar julle pakslae… en daarna moet die koeie seker nog gaan toer ook. Lekker man, lekker.

Ai. ·

Nie veel om oor bly te wees vir die bulle nie nes die ander Suid Afrikaanse spanne almal ewe useless!!,…Die manne gooi bal net weg en weereens te veel 5 de wiel spelers wat Suid Afrikaanse rugby verswak wat net rond hang! Kan ok nie eens bal vang nie of bal vashou nie….Ai die swak afrigting en swak spelers wys en ek sal jou se dit lyk nie goed nie! Bulle so gaan julle weer so miskien 5de van onder op die ranglys eindig as dit nie vir die Reds was wat so swak was nie…

Babertondaisy ·

Ou bolla is jou kraantjie op dat jy nou na weke weer surface…..hou op spog met ‘n uitslag wat jy hoop voor in die toekoms en praat van die laaste uitslag 40 – 3. Die scoreboard lieg nie.

Lekker lag ·

Bolla – magtige Stormers !!! Ha ha dalk die magtige WP curriebeker span van die 70’s en 80’s maar vandat die Stormers speel wag ons nog vir magtig. Hoeveel super rugby koppies het die magtige Stormers ? En hoeveel dink jy gaan hulle he aan die einde van hierdie Super rugby reeks ? Antwoord dieselfde vir albei vra.

Bul ·

Bolla wat jy praat en jou naam is dieselfde. Bulle het reeds 40-3 op weer probeer gesit. Jy brag al weer met ‘n game wat nog moet plaasvind. Shame dat ‘n ou se span so power is dat jy met die toekoms moet brag en nie met 3 super rugby bekers of 40-3 in 2019 nie…………

Bul ·

Bolla nou is jy grootmond omdat die windjies 1 uit 3 op toer gewen het. Ok maar met min tevrede. Probleem is windjies het te veel suid oosters in die span…..

bolla ·

Kyk al wat nog saak maak vanjaar is dat die Magtige Stormers die armsalige flou koeie finaal in die sloot begrawe.

Babertondaisy ·

Maar die bulle het reeds die stompies 40-3 vermoor en toe begrawe met bonuspunte en sonder dat die stompies binne 2 seemyl van die Bulls se doellyn kon kom…….als wat jy wens jou span GAAN nog eendag doen is reeds gedoen……deur die bulls aan die stompies die arme slagoffers van ‘n buffelstormloop.

Jaco ·

Môre.
Ai ou Bolla en al die ander Stormer ondersteuners, ek sal nie veel praat as ek julle is nie. Bottervingers wel n sekere speler van julle wat moes lei met voorbeeld het nie juis beter gevaar nie, hy kon nie behoorlik n bal hanteer nie wat nog van oor die voordeellyn kom. Ons weet almal dat die Brumbies maar ook sukkel so die Stompies was ook gelukkig om te wen. Ja die Bulle het baie karakter getoon almal maak basiese foute selfs die Springbok belaaide Stompies, welpies en vissies.
So mense sluk julle trots en ondersteun die Suid Afrikaanse spanne dalk wen ons net die Wêreldbeker. Lekker dag Ou Grootte!!

LOL ·

@ Jaco , het die Stormers teen die Brumbies of Rebels gespeel die afgelope naweek? Dankie vir jou positiewe ingeligte kommentaar.

bolla ·

Dis duidelik dat ou Jaco nie eintlik die rugby kyk nie want hy weet nie eers wie teen mekaar gespeel het nie. Eish. So terloops – Die Stormers het die top span in die Australiese konferensie groot pakslae in Aussie gegee.

Gollie ·

Bolla die Bulle is on top in die super 15 reeks tans of wat praat ek alles

Anoniem ·

Bolla ja Jaco gee positiewe kommentaar, maar net soos enige normale mens kan hy ook foute maak. Aussie top span?? Op die log ja maar ons sal sien of hulle die Crusaders kan pak gee. En oor Stormers die Rebels geklop het beteken nie hulle gaan in die finaal speel nie, die Superugby reeks word nie in April gewen nie. So Bolla jou sarkastiese aanmerkings hou dit vir jouself ons gesels na die naweek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.