Grofgeskut van skoolrugby gaan dié naweek baljaar

Paarl Gimnasium (foto) en Affies sê mekaar die naweek die stryd aan. Foto: Facebook.

In ’n tyd waarin die Superrugby-spanne (en dalk selfs die Springbokke later vanjaar) ondersteuners na die boegoebrandewyn laat gryp, bied Suid-Afrikaanse skolerugby ’n welkome lafenis.

Die leerders speel met vryheid en flair en is gereeld internasionale skole se tiere – kyk net na die afgelope Wêreldskolefees op Stellenbosch waar Suid-Afrikaanse skole hul Nieu-Seelandse en Britse teenstanders oordonder het.

Nou pak twee van die land se grotes mekaar wanneer Paarl Gimnasium en Affies mekaar dié naweek die stryd in die Kaap aansê.

Dié twee skole het vir die eerste keer in 1967 teen mekaar gespeel, maar in die 52 jaar was daar nog net 16 kragmetings tussen dié bielies.

Die Kaapse skool het agt van dié kragmetings gewen, terwyl die Pretorianers ses keer aan die wenkant was. Daar was ook twee gelykopuitslae.

Verlede jaar het Gimmies koning gekraai toe hulle met 41-12 gewen het.

Albei skole was verlede naweek aan die wenkant: Affies het vir Helpmekaar met 52-17 ore aangesit, terwyl Gimmies vir Diocesan College met 31-10 getroef het.

  • Ander uitslae van die afgelope naweek:

Monument 30-8 Menlopark

Garsfontein 43-33 Rustenburg

Grey Kollege 81-8 HTS Middelburg

EG Jansen 68-8 Kemptonpark

Jeppe Boys’ High 19-18 St John’s College

Pietersburg 31-5 Eldoraigne

Hoërskool Middelburg 47-5 Zwartkop

Paarl Boys’ High 34-26 Outeniqua

Oakdale Landbou 42-40 HTS Drostdy

Boland Landbou 62-31 Wynberg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kiewiet ·

Grey Kollege wen 81 – 8 maar daar sal eerder van ander skole gepraat word, Terwyl Grey die beste skool in die land is,

G ·

Is dit die skool waar die hoof en die beheerligaam heeltyd in die hof baklei

al ·

Hoe weet jy op ‘n partytjie wie was in Grey gewees??
Antwoord: Hy vertel jou dit so 20 keer deur die aand!!

LOL ·

@Kiewiet, ek stem saam met jou sport verwysings maar die akademie pla my. Hoekom neem soveel seuns ekstra klasse by ander skole se onderwysers in Bloemfontein? Vergelyk die akademiese resultate met Paul Roos , dan sal jy besef waarvan ek praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.