Grofgeskut vir Lions se laaste kleedrepetisie

Elton Jantjies (Foto: GB Jordaan)

Elton Jantjies (Foto: GB Jordaan)

Die Lions trek Saterdag op Nuweland teen die Stormers met verskeie van hulle groot kanonne los in die Johannesburgers se laaste littelosmaker voordat die Superrugbyreeks oor twee naweke afskop.

Die Springboklosskakel Elton Jantjies sal `n span aanvoer wat Bokke soos die skrumskakel Faf de Klerk en die slot Franco Mostert insluit, terwyl aanwinste soos die slot Marvin Orie en die vleuel Madosh Tambwe ook in die opdrafvyftiental is.

Die samespel van Howard Mnisi en Rohan Janse van Rensburg in die middelveld sal met arendsoë dopgehou word, veral met Harold Vorster, wat onlangs van ’n besering teruggekeer het, op die bank.

Johan Ackermann, die afrigter van die Leeus, het op die lostrio van Fabien Booysen, Ruan Ackermann en Cyle Brink besluit, met die Springbok Jaco Kriel op die bank. Die gereelde kaptein Warren Whiteley nie vir die wedstryd oorweeg nie. Sy verstandtande is vandeesweek verwyder.

Hoewel Ackermann nie sy sterkste span gekies het nie, kan Saterdag se stryd teen die Stormers `n belangrike rigtingwyser gee van wat dié seisoen verwag kan word.

Die groep –

15. Jaco van der Walt, 14. Madosh Tambwe, 13. Howard Mnisi, 12. Rohan Janse van Rensburg, 11. Courtnall Skosan, 10.Elton Jantjies (kaptein), 9. Faf de Klerk, 8. Fabien Booysen, 7. Ruan Ackermann, 6. Cyle Brink, 5. Marvin Orie, 4. Franco Mostert, 3. Ruan Dreyer, 2. Malcolm Marx, 1. Jacques van Rooyen. Bank: 16. Akker van der Merwe, 17. Corné Fourie, 18. Hencus van Wyk, 19. Andries Ferreira, 20. Lourens Erasmus, 21. Robert Kruger, 22. Jaco Kriel, 23. Hacjiva Dayimani, 24. Dillon Smit, 25. Andries Coetzee, 26. Harold Vorster, 27. Anthony Volmink, 28. Jacques Nel, 29. Sylvian Mahuza.
Saterdag se afskoptyd is 15:00.
Die Lions se eerste wedstryd in vanjaar se Superrugbyreeks is Saterdag 25 Februarie teen die Cheetahs in Bloemfontein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.