Groot-Brakrivier kies grootliks nuwe bestuur

Voor: Michael Johnson, Brenton Jacobs, Eugene Beukes, Rene Booysen, Damacene Rhoode. Agter: Rodney Volkwyn, Richard Kiewiet, Werner Roelfse, Moos Smith en André Gertse.

Voor: Michael Johnson, Brenton Jacobs, Eugene Beukes, Rene Booysen, Damacene Rhoode. Agter: Rodney Volkwyn, Richard Kiewiet, Werner Roelfse, Moos Smith en André Gertse.

Die klub Groot-Brakrivier in die Suidwestelike Distrikte het grootliks `n nuwe bestuur vir die 2016-seisoen gekies.

Brenton Jacobs is die nuwe voorsitter, Rene Booysen die hoofsekretaris, Michael Johnson die penningmeetser en Eugene Beukes die hoofafrigter.

Slegs die wedstrydsekretaris, Damacene Rhoode is in sy ou pos behou.

Rodney Volkwyn, André Gertse en V Treurnicht is tot spanbestuurders verkies en Richard Kiewiet, Werner Roelfse, Moos Smith en J Ceaser as afrigters.

Rhoode sê die klub het groot planne vir die nuwe seisoen met die regruk van dissipline op alle gebiede die grootste voorkeur.

Groot-Brak is vasbeslote om weer die toernooi om die Mosselbaaibeker te wen. Hy het verlede jaar die eerste houer van dié beker geword deur Barbarians 13-11 te klop.

Wat die SWD se Grootuitdaagbeker betref, is die klub se mikpunt dat al drie sy spanne die eindstryde in hul afdelings moet haal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.