Groot eer val Os du Randt te beurt

Os du Randt

Die legendariese Springbokstut Os du Randt is deur Wêreldrugby vereer en sal op 3 November, die dag ná vanjaar se Wêreldbeker-eindstryd in Tokio, saam met vyf ander legendes in die Heldesaal opgeneem word.

Die ander is die gewese All Black-kaptein Richie McCaw, die gewese All Black-afrigter Graham Henry, Shiggy Konno (Japan), Peter Fatialofa (Samoa) en Diego Ormaechea (Uruguay).

Fatialofa en Konno is reeds oorlede en sal postuum vereer word.

Daar is reeds 142 ander legendes wat sedert 2006 in die Heldesaal opgeneem is.

Du Randt, die enigste Springbok wat in twee Wêreldbeker-wenspanne (1995 en 2007) was, het in 80 toetswedstryde vir die Bokke gespeel. Dit sou baie meer gewees het as hy nie lank beseer was nie, want hy het 46 toetse misgeloop.

Du Randt sluit hom hy by 14 ander Suid-Afrikaners aan wat reeds in die Heldesaal opgeneem is vir hul bydrae tot rugby. Hulle is Danie Craven, Frik du Preez, oudpresident Nelson Mandela, Jake White, Kitch Christie, Joost van der Westhuizen, Naas Botha, Francois Pienaar, Danie Gerber, Morné du Plessis, John Smit, Hennie Muller, Barry Heatlie en Bennie Osler.

* Konno het nooit toetsrugby gespeel nie vanweë die Tweede Wêreldoorlog, maar hy het baie diep spore in Japanse rugby getrap. Hy was spanbestuurder tussen 1963 en 1990 en voorsitter van die Japanse Rugbyunie tussen 1972 en 1994.

* Fatialofa, ʼn gewese Samoaanse kaptein, het 34 toetse vir Samoa gespeel en was kaptein in die WB-toernooie van 1991 en 1995, toe Samoa albei kere tot die kwarteindronde deurgedring het. Hy was afrigter van die Samoa-vrouespan toe hy weens ʼn hartaanval gesterf het. Hy was ʼn klavierskuiwer van beroep in Auckland en een van die mees lojale en gewildste rugbyspelers.

* Ormeachea was 40 jaar en 16 dae oud (die oudste speler by ʼn WB-toernooi) toe hy in 1999 die laaste keer vir Uruguay teen die Bokke in Skotland gespeel het. Hy het in 54 toetse, waarin hy 37 keer die kaptein was, gespeel en het 30 drieë vir die onbesonge Uruguay gedruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Fish ·

Baie geluk Os jou yster.
As kind het jou posters op my muur gehang saam Andre Snyman en as ek reg kan onthou het ek raak gelees in SA rugby tydskrif jare terug jy het eers in matriek of st 9 begin rugby speel.
Ek dink wie volgende vereer moet word is Beast. Daai man hoor jy nooit het ‘n besering nie en speel ‘n hond uit ‘n bos uit. Wonder waar trek hy met sy stats as ‘n forward.

sweis ·

Os is n legende ek weet nie hoekom mense sê chester is n legende nie as Pieter Hendricks nie geskors was nie sou chester nie gespeel het nie en sou hy ook nie kon teem oor wat hy veronderstel rassisme was nie .

kolla ·

Hendriks – 2 drieë in 14 toetse. Chester 14 drieë in 27 toetse. Dis duidelik dat Chester ‘n baie beter vleuel van die twee was. Hendriks net span gekry deur middel van white priviledge, useless wit kwota gewees.

humor ·

Ons vlank Jan Ellis behoort beslis ook hierdie eer toe te kom!!!

Werner ·

Jy is heeltemal reg. Jan Ellis en Juan Smith was ons beste blindsiders. Roger Young, skrumskakel van die Britse Leeus in die jare sestig, het onlangs vir my vertel hoe bang die bleekbene vir Jan Ellis was.

Andre ·

Mannetjies Roux se naam kon eerder daar wees as Mandela wat niks beteken het vir rugby nie.

Rinkhals ·

Bly vir Os hy sluit aan by ‘n fantastiese groep SA spelers, die room van SA rugby oor die dekades. Twee wereld beker wenner afrigters en kapteine. Almal legendes van die spel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.