Groot kanonne se kruit nat in Boland-kwarteind

roses unitedEina, jou doring, was waarskynlik die gedeelde sentiment toe die verdedigende Bolandse kampioen Saterdag in die uiters mededingende kwarteindronde van die bond se Grootuitdaagreeks slae gekry het.

Vir Roses United van Wellington, was dit die slagkreet in sy sege van 35-32 (rustyd 25-6) , maar vir Villagers Worcester sou dit `n wanhoopsklankie inhou.

Villa was die afgelope twee jaar die kampioen nadat hy Roses in 2013 onttroon het, en het die Boland in drie uit die vier Gemeenskapsbeker/Goue Bekerreekse dusver verteenwoordig het. Roses was self in 2013 en 2014 deel van die nasionale reeks.

Nog `n groot kanon wat Saterdag met nat kruit gesit het, was Wesbank van Malmesbury, wat die witvlag voor Hawston moes hys.

Die span uit die Overberg het 29-27 gewen (rustyd 16-11) teen die Swartlanders, wat die afgelope twee jaar aan die nasionale kampioenskap deelgeneem en verlede jaar die kwarteindronde in dié reeks gehaal het.

Dillon Strydom het 22 van Wesbank se punte met `n drie, `n doelskop en vyf strafdoele behaal.

hawstonIn die ander twee kwarteindstryde het Robertson met `n magtige eindpoging 39-31 gewen teen nog `n Wellingtonse klub, Hillcrest United, wat rustyd 28-15 voor was; en Saldanhabaai het 39-32 (rustyd 13-12) met Caledon afgereken.

Die puntemakers –

Saldanha 39 (13) – Drieë: Cuido Kotze, Charlton Vraagom, Christo de Bruyn, Stuart April, Cheswin Williams. Doelskoppe: Williams (4). Strafdoel: Williams. Skepdoel: Vraagom.

Caldeon 32 (12) – Drieë: Brendal Swarts, Arno Fisher, Graham Louskitt, Clarence van Wyk. Doelskoppe: Chester Benjamin (3). Strafdoel: Benjamin. Skepdoele: Elrico Adolf.

Robertson 39 (15) – Drieë: Colin Willemse (2), Niklaas Lukas (2), Lorenzo Baardman. Doelskoppe: Adriaano Conradie (4). Strafdoele: Conradie (2).
Hillcrest 31 (28) – Drieë: Justin Willemse, Hugh-Reece Claasen, Dylan Maart. Doelskoppe: Wheeder Jooste (2). Strafdoele: Jooste (4).

Hawston 29 (16) – Drieë: Neville Pietersen, Gershwin October. Doelskoppe: Bradley Brown (2). Strafdoele: Brown (5).

Wesbank 27 (11) – Drieë: Sedwill Diedericks, Dillon Strydom. Doelskop: Strydom. Strafdoele: Strydom (5).

Roses United 35 (25) – Drieë: JR Hofmeester, Rowen Kana, Percival Williams, Johnwen Lewis. Doelskoppe: Lewis (3). Strafdoele: Lewis (2). Skepdoel: Percival Williams.

Worcester Villagers 32 (6) – Drieë: Cheslin Adams, Lincolin Eksteen, Gerswin Africa, Egan Uren. Doelskoppe: Clayton Isaacs (3). Strafdoele: Isaacs (2).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.