Groot slae vir Kiewiete in Wallis

Die toerspan van Uruguay het Dinsdag ʼn deeglike loesing teen die Walliese streekspan Cardiff Blues op die lyf geloop.

Die Kiewiete se nederlaag van 21-45 in Cardiff, Wallis, voorspel nie veel goed in die lig van hul kragmeting teen Wallis aanstaande jaar in Groep D van die toernooi om die Wêreldbeker in Japan nie.

Cardiff was teen rustyd slegs met 12-7 voor, maar het in die tweede helfte die voorsprong tot 31-7 gerek, voordat die impak van die besoekers se bankspelers hulle ietwat laat steier het.

Die Blues het hulle egter gou reggeruk en die uitslag bo alle twyfel gestel.

Uruguay sluit sy Europese toer Vrydag teen die Ierse provinsie Ulster af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.