Groot ‘Superrugby-geheim’ op die lappe

Op lange laas is die groot “geheim” in Superrugby toe op die lappe gebring.

Die SA Rugbyunie (Saru) het Vrydag aangekondig dat die Bulls, die Lions, die Sharks en die Stormers Suid-Afrika aanstaande jaar in Sanzaar se verkleinde Superrugbyreeks sal verteenwoordig.

Dit het gevolg kort nadat die Cheetahs en die Kings aangekondig het hulle het uit eie vrye wil aan die reeks onttrek om ander oorsese moontlikhede te ondersoek.

Daar was nooit juis twyfel dat dié twee franchise’e in die slag sal bly nie, en hulle het duidelik die boodskap gekry dat dit hulle nie sal help om teen die prikkels te skop nie.

Met die vrywillige onttrekking kon hulle darem in ʼn mate hul aansien red.

Saru sê in die verklaring wat uitgereik is inligting oor die nuwe internasionale moontlikhede vir die tweetal sal mettertyd bekend gemaak word.

Moontlike deelname aan die Europese Pro12-reeks word reeds ʼn geruime tyd genoem, maar dit wil nou voorkom of ander opsies ook oorweeg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jack Russl ·

Nou wat gaan die Cheetahs en Kings doen as Aus nie hulle span sny nie? Daar is groot probleme vir Aus oor die span wat hulle wil sny

Sarel Strydom ·

Nou gaan, veral die Bulls kom “shopping” doen in die Vrystaat. Vrystaat is die terlaarde van SA Rugby. So laat die SAR hulle Super 12 erens in hulle Anatomie stoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.