Groter druk op Franse afrigter as op Coetzee

(Illustrasie: FFR/Facebook)

Daar rus waarskynlik Saterdag groter druk om te wen op die Franse afrigter as op Suid-Afrika se Allister Coetzee wanneer die twee se spanne in Parys kragte meet.

Trouens, as die berigte waar is dat Coetzee se lot reeds beslis en sy doppie geklink is, is ál die druk dalk op Guy Nèves, wie se kop eweneens in Frankryk geëis word.

Sy rekord lyk selfs swakker as die Bok-breier s’n. Sedert hy, nes Coetzee, in 2016 die leisels oorgeneem het, kon Frankryk net sewe uit 19 toetse (37%) wen.

Coetzee se Bokke het met nege oorwinnings in 21 toetse ʼn wenpersentasie van 43% getoon. Hulle het twee gelykop gespeel.

Groot verwagtinge is van albei gekoester nadat hulle oorgeneem het by voorgangers wat in onguns verval het.

Suid-Afrika se Heyneke Meyer het 67% van sy 48 toetse gewen, en Frankryk se Philippe St André 44% van sy 45 toetse.

Die hoop het egter in albei gevalle beskaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos1 ·

Net een groot verskil. Die Franse afrigter het nie die Hane van ‘n krag in rugby gelei na ‘n grap toe nie. AC het dit reg gekry!

Nico ·

Eienaars van klibs is besig om Frankryk se keel af te sny omdat dit vir hulle gaan vir wen teen alle koste en omdat hulle teveel geld het koop hulle die Suidelike halfrond leeg met goeiespelers wat nog eintlik vir hul nasionale spanne moes speel. Sodoende ondermein hulle die ontwikkeling van hul spelers en verswak die nasionale span. In SA is dit nou maar net die regering en sy trawante wat die span verswak om stemme by die stembus te kry en so help hulle dat goeie spelers eerder gaan vir dollars as patriotism. Ek sê ook weer jong spelers as julle metriek voltooi het en jy dink jy het .n toekoms in internasionale rugby gaan dadelik na ‘n oorseese land en kwalifiseer om daar toets rugby te speel al gaan dit eersdaags 5jaar neem om te kwalifiseer gaan jy nog steeds baat.

John ·

Die ergste is dat AC nou nog nie weet wat hy verkeerd kon gedoen het nie… en dit ook nooit ooit sal glo as iemand hom se nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.