Haaie klop WP ná slag in eerste skrum geslaan word

Die Haaie het Saterdag op Nuweland tot aanstaande Saterdag se Curriebeker-eindstryd teen die Bulle op Loftus Versfeld deurgedring toe hulle die grondslag van ʼn oorwinning van 19-9 oor die Westelike Provinsie in die eerste skrum gelê het.

Draai die horlosie terug na Loftus Versfeld toe Noord-Transvaal ʼn oorwinning van 27-12 oor Vrystaat in die Curriebeker-eindstryd behaal het.

Noord-Transvaal se Naas Botha het afgeskop, maar die bal regstreeks tot in die pawiljoen laat trek. Hoekom? Want Noord-Transvaal wóú skrum.

Hulle het in daardie eerste skrum die Vrystaters vernietig, met die haker Wouter Hugo wat sy kop uitgetrek het toe sy voorspelers in trurat was.

Saterdag het die Haaie se losskakel, Curwin Bosch, die bal skaars ʼn paar maar meter ver laat grondvat.

Hoekom? Sodat die Haaie ʼn skrum kon afdwing, waar Thomas du Toit die WP-loskopstut Ali Vermaak op sy knieë gedwing het.

Sonder Steven Kitshoff, wat weens Covid-19 nie kon speel nie, wou die Haaie wys dat die WP papiertiere is.

Die sielkundige slag was geslaan en Bosch was in die kol met die strafdoel.

Maar ai, waar was die opwinding van 1977, want Saterdag se Nuwelandse afskeid was maar asvaal.

Net een drie, byna 30 strafskoppe en hanteerfoute by die dosyne. Ja, uitspeelwedstryde is nie altyd mooi nie, want afrigters hou daarvan om te sê “ons het lelik gewen”.

Die verskil was dat Bosch met drie monster-strafdoele die Haaie laat voorloop het en nooit het hulle die voortou prysgegee nie.

Die WP wou eerder drieë druk, want in die eerste helfte het hulle vyf opeenvolgende kanse om pale toe te mik van die hand gewys. Hulle wou rolmaal, maar niks het uitgewerk nie.

Toe Tim Swiel eers later pale toe begin aanlê het, was dit te laat.

Waar was die leierskap, Siya?

Kan die Haaie die Bulle klop? Die Bulle sal die kluts om die een of ander rede moet kwytraak, maar onder Jake White gaan dit nie maklik gebeur nie.

Puntemakers:

Haaie 19 (9): Drie: JJ van der Mescht. Doelskop: Curwin Bosch. Strafdoele: Bosch (4).

Westelike Provinsie 9 (0): Strafdoele: Tim Swiel (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
richard

Wat n shocker. WP se kaptein het nie vir die wedstryd op gedaag nie. Dit was Duidelik in die spel gewees. Leierloos en futloos. Dan is hy ook kaptein van die Springbokke. Hy hoort nie eens in die WP span nie. Meeste van ons weet hoekom hy in Springbokspan en kaptein is. Beslis nie omdat hy die beste is nie. Ek se maar net.

MakersMark

Swak wedstryd met soveel foute aan albei kante maar die province was nog swakker. Help nie as 6 flank probeer vleuel speel driekwart van die wedstryd maar nooit aan die bal raak nie. Ook nie as die loskop stut sy ali sien in die eerste skrum nie. En kanse pale toe nie gevat word nie. Dink selfs Nuweland sonder ‘n skare was bly toe die getjommel verby was.

Jurie

Bitter swak spel aan WP se kant en swak besluitneming deur die kaptein veral in die laaste tien minute.Wonderwerk dat ons met die Webb Ellis trofee in SA sit????

Nico

Ek kry so lekker wanneer ‘n strafskop binne tref afstand eerder hoekvkag toe geskop word en dit boomerang, want almal wil met die beskermde obstruksie probeer 3e druk. Vat jou skoppe pale toe en hou op met fue rolmaal wat niks anders as obstruksie is nie. Kolletjie was nog nooit kaptein se dinges werd nie. Die wat nou nie besef dat Vermeulen die op die veld kaptein in wêreldbeker was nie is stokblind.

Andrew

Maar die troos, minstens het die wp/stormer een die van die beste kapteine wat die wêreld ooit gesien het.