Daar is ʼn haakplek met die Cheetahs se Pro 14-tuiswedstryd teen die Walliese streekspan, die Ospreys, wat vir dieselfde dag as ’n toets teen Australië in Bloemfontein geskeduleer is.
Só berig die webwerf Wales Online Woensdag.
Hy berig die wedstryd teen die span van Swansea af, is vir 14:00 Saterdag 30 September geskeduleer, maar 17:05 speel die Springbokke in die Vrystaatstadion – waar die Ospreys-wedstryd veronderstel is om plaas te vind – teen die Wallabies in die Rugbykampioenskap.
Die webwerf sê die wedstryd kan “in ʼn geskiedkundige dubbeldoorstryd” as ʼn voorwedstryd vir die toets dien, of ʼn alternatiewe veld sal gevind moet word vir die Pro 14-wedstryd.
“Wat gebeur, sal gesien moet word,” sê hy.
Dis nou weer administrateurs & borge se selfsugtigheid wat voor die sport geplaas word. Is mos nie ‘n probleeem nie. Hoekom nie as voorwedstryd aanbied nie? Uitstekende geleentheid om tyd tussen twee wedstryde met bulletjie O9 rugby te vul en vir ‘n slag weer rugby ‘n gesinsuitstappie te maak. Dit is iets wat toeskouers en die kannetjies lank sal onthou. So ontwikkel jy die game en sal die stadion gevul word. Kaartjiepryse is buitendien belaglik vir net een game.